Verified Reviews
Bloubergstrand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloubergstrand
Rated 4.7 out of 5 based on 1064 reviews.
"Modern area, close to the beach, restaurants, and shopping malls, as well as main routes for travelling, easy access to airport with own transport."
"Dit was my eerste besoek aan die Kaap en Big Bay is 'n fantastiese area. Die son sak so laat saans, het elke aand op die strand gaan stap en prentjiemooi sonsondergang agter Tafelberg gehad."
"Dit is die beste plek om vakansie te hou. By die see, met lekker restaurante, winkels en goeie publieke vervoer wat reg oor die Kaap gaan."
"Sal definitief weer gaan. Was baie lekker en pragtige, veilige plek naby als. "
"Perfect for kitesurfers. Not your classic beach holiday (too windy, water too cold). A bit far from other touristic locations. Incredible view. "
"Die area is baie mooi, met heelwat lekker restaurante naby (Onse Huisie en Damhuis). Die wind waai nogal baie so nie regtig 'n plek om op die strand te lê nie, maar steeds baie mooi uitsig oor Tafelberg."
"'n Skoon, pragtige strand, kan nie wag vir Desember nie dan gaan ons weer kom kuier."
"Pragtige uitsig oor die see, Robbineiland en Tafelberg. Kite-surfers, roomys-stalletjies, fietsrybane, restaurante en alles wat nodig is vir 'n lekker somervakansie of naweek."
"Een van my gunsteling gedeeltes van die Kaap. Die uitsig is asemrowend. "
"Table View het al die winkels, malls, eetplekke wat baie sentraal geleë is, jy het nie nodig om kilometers ver te ry nie. Die hele area word baie goed skoon gehou. Bloubergstrand is enige kite surfer se droom en ek het baie gesien!"