Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Stellenbosch is baie mooi. Uniepark is nabygeleë aan vele restaurante en maklik toeganklik tot die dorp. Baie mooi omgewing."
"Stil en rustige dorpie in die hart van die Wynlande. Besienswaardighede en besoekplekke te veel vir net 5 dae."
"Ek is 'n argitek. Paarl is dié dorp in Suid-Afrika wat, sover ek kon vasstel, voorbeelde bevat van bykans elke argitektoniese styl soos dit ontwikkel het vanaf Kaaps Hollands tot en met moderne High Tech. Dit moet ontleed, gedokumenteer en aangebied word as toeriste-attraksie. Daar is selfs voorbeelde van Dekonstruksie! Waar is die Paarl se jong argitekte?"
"Pragtige dorpie. Rijks-wynplaas het ons 'n heerlike "wynproe" gehad met vriendelike dames. Tulbagh is 'n pragtige dorpie. Ook oulike restaurante in die nabye omgewing. Paddagang rêrig die moeite werd."
"Die Breë Riviervallei met al die wingerde en wynkelders is 'n fees om te sien. Worcester is so sentraal geleë en dus ideaal vir besoeke aan die omgewing en ander dorpe. Met sy groot winkelsentrum is daar oorgenoeg fasiliteite vir inkopies. "
"Paarl is 'n pragtige plek en soveel wat gesien en gedoen kan word om enige persoon se nuuskierigheid te prikkel."
"Verkeer is iets om te ervaar, spitstyd begin teen omtrent 15:00. Mense is baie beleef en versigtig."
"Besonderse omgewing met 'n ryk geskiedenis. Begroot meer tyd om die dorp en omgewing te beleef, jy sal nie spyt wees nie."
"Is absoluut mal oor die ou geboue met die prentjie mooi berge in die agter grond. Daar is ook klomp aktiwiteite wat jy in en om Paarl kan gaan doen."
"Ons het in Ceres oorgeslaap, omdat my man die Tankwa Camino gestap het en hulle het in Ceres klaargemaak."