Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3686 reviews.
"Dis 'n pragtige, skoon plek met fantastiese argitektuur en winkeltjies wat 'n mens ure kan besighou."
"Paarl is waarlik 'n bekorende stukkie Wes-Kaap wat elke toeris se asem sal bekoor. Baie besienswaardighede en lekker kuierplekkies. "
"Naby Somerset Mall en die lughawe is binne 20 min bereikbaar."
"Pêrel van die Boland! Gerieflik geleë. Dorp met karakter en geskiedenis. Die plase in die dorp maak die Paarl. "
"In die somer braai die son mens ongenadiglik dus is die koeler maande beter om daar te vertoef. Mense is baie baie vriendelik en hulpvaardig.As mens 'n wyn-fundie is, is dit die omgewing om te verken. Naby die ander besienswaardige plekke soos Montague, Robertson, ens. Baie goeie eetplekke in die omgewing. Die klimaatsverandering gaan dalk vorentoe 'n groot beperkende invloed op die omgewing se natuur attraksie hê."
"Paarl is rustige burg. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Die wyne is iets ysliks as mens dit wil doen en kopseerpille is gelukkig goedkoop.Ongelukkig is die verkeer in Kaapstad toe mal en openbare vervoer is onderontwikkel. Van die beste skole in die land is daar."
"Naby aan Kaapstad, Stellenbosch, inkopiesentrums en lieflike restaurante."
"Strand self is baie interessant. Die eetplekke is nie duur nie en al die groot kettingwinkels is binne maklike stapafstand. Die Karoo Kombuis en die Belgian Waffles was ongelukkig al wat ons kon beproef, maar beide kan hoogs aanbeveel word. Ons sal graag in die toekoms as toeriste wil gaan. Mense is deur die bank vriendelik. Die stap langs die strand af so teen sononder was lieflik. Ons is gedurig vriendelik gegroet. Die volgende dag het ons amper weggewaai, wat weer 'n heel ander ondervinding was. Werklike mooi ouer huise maak stap in die strate 'n fees."
"Baie mooi plek. Sou graag daar wou bly as dit nie so warm was nie. Het reeds vantevore daar gebly."
"Nuwe puik promenade vir alle doeleindes. Nuwe pretpark vir kinders. Lekker oop strand om te kan swem, speel en stap."
"Baie goed geleë, naby winkel sentrum en Medi-Clinic Hospitaal. Veilige omgewing met mooi parke vir die kinders."
"Mooikelder Day Spa as well as Tee Under A Tree are also two are must visit jewels of the Paarl."
"The things I love restuarant is 'n moet om te gaan eet, baie vriendelike personeel en maak 'n draai in Kerkstraat, baie winkeltjies om in te loer."
"Klapmuts is ideaal geleë vir verblyf as middelpunt om elke dag interessante plekke te besoek en te verken soos Paarl, Franschoek en Stellenbosch. Babylonstoren is 'n klipgooi van Bona Vista en 'n absolute moet om te besoek. "
"Beautiful town just an hour out of Cape Town. So much to see and do. Great restaurants, awesome and you need to visit Garagista brewery, exceptional beer!"
"Rustige woonbuurt. 'n Bietjie ver om te stap na die middedorp toe, maar vir bergfietsryers is dit ideaal want daar is baie bergfietsroetes."
"Pragtige area wat nie genoeg erkenning kry nie. Maar daarin lê die skoonheid dalk. "
"Ons ken Worcester en omgewing. Vir ons altyd lekker om daar verby te ry en iets te geniet."
"Dit is ongelooflik mooi en jy ervaar 'n wonderlike stilte. Die afstand pla my nie, maar ek dink dit mag vir sommige besoekers 'n entjie uit die dorp se sentrale gebied wees."