Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Ceres is 'n industriële dorp, mense jaag, maar van een punt na 'n ander en is nie eintlik ingestel op toeriste nie. Die berge is pragtig en indrukwekkend, maar ons kon nie 'n stil plek iewers kry om dit te geniet nie."
"Besoek gerus die heuningwinkel buite die dorp. Die mense daar is werklik gaaf! Moenie Die Boord Restaurant & Farmstall mis ry nie! Ons het heerlik daar geëet. Die hele omgewing is pragtig en die mense opreg gaaf. Ons is erg onbeskof behandel by Voëlvleidam, maar het besluit om eerder die res van die gawe, warm mense in die omgewing te onthou!"
"Stellenbosch bly een van die voortreflikste toeristebestemmings in die wêreld en 'n moet vir wynliefhebbers wat graag die wynplase in die omgewing wil verken."
"Paarl is 'n pragtige dorp met baie toerisme attraksies tussen die Bolandse Wynlande."
"Stellenbosch was altyd 'n uitsonderlike plek, maar die verkeer maak dit moeilik en nie meer so lekker om te besoek nie. Die plek bars uit sy nate."
"Covid has most definitely affected this town's social experiences, however the places that you can still visit are still providing a good experience and the opportunity to again get the quality of the experience back to pre-Covid will emerge again I am sure. One of my favourite towns to spend a weekend."
"The surrounding wine farms are for sure the biggest attraction. Such friendly service everywhere."
"Altyd 'n lekker vibe, besige koffiewinkels en restaurante tot op die sypaadjies, net soos in Europa! Ek geniet Stellies en oorweeg om my daar te gaan vestig."
"Pragtige dorp in die Boland se wynstreek en toegangsroete tot heelwat ander dorpe soos Wellington, Franschhoek, Stellenbosch, Durbanville."
"Fantastiese bestemming as jy al die lekkerste dinge in die lewe op een plek wil geniet - fantastiese wynplase, fynproewer-restaurante, kunsgalerye en beeldhouwerke van wêreldgehalte-kunstenaars, asemrowende natuurskoon en die vriendelikste mense. Die motormuseum en wyntrem is uniek en beslis die uitgawe werd."
"Fairview en Spice Route is lekker naby. Hier is ook ontelbaar ander wonderlike plekke om te besoek. Een naweek is te min."