Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"'n Pragtige dorpie met heerlike restaurante, winkeltjies en wynplase. Pragtige groen druiwe rondom dorpie maak dit mooi om aan die einde van die jaar te besoek."
"Vertrou dat Franschoek weer die toerisme dorp sal word soos voor Covid. 'n Mens kan sien die beweging is nog nie normaal nie. Gewoonlik kry jy nie parkeerplek nie."
"Pragtige dorpie. Oulike winkeltjies. Lekker restaurante."
"It's a struggle to get there with public transportation but with your own car it's easy accessible."
"We need to sometimes go to places not close to home, this was it. I would not visit the Ceres CBD next time."
"Ons eerste keer daar en dis ongelooflik skoon en netjies. Ryk aan geskiedenis en gasvry!"
"If you love mountains and nature, Boland is a great place to explore."
"Dit is n baie lekker bestemming. Ek dink net nie al die toeriste en hotel is al reg vir die toeriste nie. Ons het in een aand twee bloutjies geloop. Hotel het nie die verskeidenheid Gin gehad nie. Restaurant wat bekend is vir Hake en Chips het nie dit in voorraad gehad op 'n Vrydagaand 19:00 nie."
"Ek dink Stellenbosch is 'n heerlike plek om 'n paar dae by te kuier. Gaan sien die Vriedenheim wynplaas, hulle tuine is so mooi. Gaan drink 'n koffie by Hudsons, of gaan eet by Barique of die Volkskombuis. Stap af in Dorp- en Andrigrastraat, drink 'n koffie en voel die vibe. Vir my is dit dit my huis al het ek nie in Stellenbosch grootgeword nie. Huur 'n fiets en ry bietjie rond, gaan na die markte op 'n Saterdag, die Lierbeheim mark, die aarbeiplaas, daar is nog soveel goed. Dit kan net baie warm raak daar."
"Stellenbosch is 'n wonderlike plek om te besoek. Daar is soveel om te doen en te sien. My besoek aan Drum restaurant was 'n hoogtepunt!"
"Om met Roete 62 te ry vanaf Worcester, Robertson, Ashten, Montagu, Barrydale, Ladismith en Calitzdorp was 'n belewenis. Daar is soveel unieke besienswaardighede, die paaie is goed en die omgewing asemrowend mooi. Ek sal dit beslis aanbeveel."
"Vriendelike en uitlopende mense - sal aanbeveel vir 'n kort besoek van 3-4 dae."
"Ons het gehou van die atmosfeer in die kunstenaarsdorp. Lekker om al die interessante winkels te besoek."
"Ons het Saterdag uitgery vir n wynproesessie. Ongelukkig weens Covid was baie van die plekke toe of baie stil. Maar ek besef dis nie hulle skuld nie. Ons het wel 'n Gin-toets gedoen by Wild Rose. Die eienaar, Nadia, is amazing. Nuwe vriend gemaak daai dag. Wellington is 'n pragtige dorp en ek sal definitief weet teruggaan soontoe."
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons het dit geniet, strate is mooi skoon en mense besonders vriendelik en behulpsaam."
"I was born and raised in Paarl, and I will always go back. There are so many memories and cultural attachment. There are also so many things to do and see, that you cannot stay just for a weekend."
"Baie rustig op die plaas-areas met oulike slaap- en eetplekke. Baie besienswaardighede in die dorp met ryke geskiedenis. My geboortedorp."