Verified Reviews
Bredasdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bredasdorp
Rated 4.3 out of 5 based on 262 reviews.
"Wat 'n lekker klein dorpie. In die midde van ander dorpe soos Napier, Aghulas en Arniston wat ons gaan verken het."
"The closeness to Agulhas is a benefit. It is also close to Struisbaai for a seaside experience."
"'n Pragtige dorp met trotse inwoners te oordeel na hoe mooi die meerderheid tuine en huise pragtig na omgesien word. Lekker sentraal geleë om 'n groot deel van die Overberg en die kus te besoek en na mooi plekkies soos L'Agulhas, Baarskeerdersbos, Elim, de Hoop Gansbaai en nog vele ander op daguitstappies te besoek. 3 moderne goed toegeruste kleinhandelaars binne loopafstand van mekaar vir al jou inkopie behoeftes. Volgende keer bly ons langer!"
"Not much to see. However, central to travel to nearby places of interest. Napier is also somewhat interesting for an eating out point of view, as Bredasdorp lacks a bit in this."
"Lieflike dorpie. Naby die twee van die mooiste strande: Arniston en Struisbaai. My favourite area!"
"Ons het besoek vir 'n gholfkompetisie. Het nie werklik tyd gehad om die area te verken nie."
"Bredasdorp is baie sentraal geleë indien jy die Kaap Agulhas area wil besoek. 20 km Vanaf Bredasdorp, lê Arniston. Arniston, Kassiesbaai en die grot langs die see behoort op almal se doen lys te wees. So 30 km in 'n klein bietjie ander rigting, lê Struisbaai en Agulhas. 'n Klein bietjie verder lê Hermanus, 90 km. In dieselfde rigting is Gansbaai 70 km. Moet ook nie van Baardskeerdersbos vergeet nie. Hier moet jy gaan eet. Quion se Natuurreservaat is ook baie mooi, en glad nie te vêr nie. (45 km) By Gansbaai het ook grotte langs die see, en is verseker die moeite werd. Soos julle sien, ons hou van rits."
"Die plek is so rustig en doen baie wonders as jy wil wegkom uit die stad se gewoel of net wil wegbreek van jou moeilike omstandighede dalk of om net te kom rus."
"Bredasdrop is 'n baie mooi ple , die mense is baie vriendelik oral waar ek was, was ek goed behandel asof hulle my al jare ken."
"Ek sal enige tyd in Bredasdorp kom vakansie hou om weg te breek van die stad se gejaag. Die dorp oor die algemeen is skoon en netjies."
"Vir sake doeleindes is dit perfek om in die dorp te bly. Vir 'n wegbreek, nee glad nie."
"Naby toeriste-aantreklikhede kusdorpies soos Struisbaai, Agulhas en Arniston, maar baie goedkoper en meer verskeidenheid winkels en dienste."
"Daar is interessante besoekplekke vir verskillende belangstellings van gaste afhangende van die verblyftyd. Stap in strate skyn veilig te wees. "
"Ons moet miskien net vir julle 'n verkeerslig reël vir die dorp ...grappie."