Verified Reviews
Bredasdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bredasdorp
Rated 4.3 out of 5 based on 262 reviews.
"Dorp is baie stil, nie veel om by te woon en om te sien nie. Sou nice gewees het as daar iets binne die kamers was wat kon aanbeveel watter ander toeristebestemmings naby geleë is van waar Firlane house was. Meer is daar nie te kort nie, alles was perfek."
"Perfek geleë. Rustige dorp en naby genoeg aan die see en ander besienswaardighede. "
"Great travel destination for the whole family, close to the coastal towns."
"Oulike geskenkwinkels en museums om in rond te loop met lekker koffiewinkels. Verder is Aghulas, Struisbaai en De Hoop net 'n klipgooi weg, en net so lekker vir dag-uitstappies."
"Een van die skoonste/netjieste dorpies wat ek in 'n lang tyd gesien het - absoluut pragtig!"
"Veilige, vriendelike dorp waar jy heerlik kan ontspan, wegbreek van die stad se gejaag, maar jy het steeds alles wat jy nodig het. Ons sal definitief teruggaan."
"Dit is die rustigste dorp, met die vriendelikste mense. Mens voel so tuis."
"Naby Waenhuiskrans/Arniston, Struisbaai en L'Agulhas met als wat dié drie pragtige dorpe bied."
"Bredasdorp is lekker naby aan Arniston en Struisbaai as mens vir die dag wil uitry. "
"Maak definitief 'n draai by die skeepswrakmuseum! Daar is ook baie oulike koffiewinkels in die dorp soos bv. Mozart's. Onthou ook om 'n draai te maak by Napier se pragtige koffiewinkels en militêre museum!"
"Baie lekker plattelandse dorp met al die nodige fasiliteite en gerieflik naby aan die strandoorde."