Verified Reviews
Bredasdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bredasdorp
Rated 4.3 out of 5 based on 262 reviews.
"I chose Bredasdorp specifically as a stay over place as I am writing travel blogs and posting photographs on social media relating to each place travelled. "
"Die twee dagies was net te kort om die dorpie regtig te verken, maar wat ek kon sien spreek van rustigheid."
"Baie te doen in daardie omgewing. Die Walvisstaproete in die De Hoop Natuurreservaat is net die ding vir vars lug en gesonde oefening!"
"Bredasdorp het ons verras. Dit is baie groter as wat ons verwag het. 'n Stop by die John Deere handelaar was 'n hoogtepunt vir my kinders. Ons het na al die nuutste trekkers gaan kyk en hulle monde het oopgehang! Die dorp is baie netjies en die mense baie vriendelik."
"As jy stilte nodig het en weg van almal af wil kom, sal Bredasdorp werk."
"Naby genoeg aan die see dorpe om te verken, maar, ver genoeg om uit die vakansie malheid te wees."
"Baie verbaas oor die grootte van die dorpie, maar baie oulik. Die restaurant 'Flames Grill & Pub' het die beste seafood platter in die Wes-Kaap."
"Dis baie gerieflik geleë en binne trefafstand van baie wonderlike plekke."
"Oulike dorpie met Napier naby met restaurante. Arniston so 20 min se ry vanaf Bredasdorp. Dorp netjies, vriendelike inwoners, oulike winkels."
"As we love visiting new coffee shops, we feel that Bredasdorp is lacking in that respect! In Napier, only 16 km away, there were plenty to choose from. "
"Dit is 'n baie oulike plekkie om te besoek en die see is nie te ver daarvandaan nie. "
"Ek hou van die vriendelikheid die mense in Bredasdorp. Meeste groot supermarkte is daar te kry. Die see is lekker naby."
"Bredasdorp is 'n stil dorp en nie regtig geskik vir toeriste wat van baie bedrywighede hou nie. Daar is 'n Skeepsmuseum maar as jy baie meer wil sien, moet jy bereid wees om te ry. Dit is 'n goeie plek as jy net van die stadsgejaag wil wegkom en wil rus."
"Oulike winkeltjies, lekker koffieplekkies, pragtige ou wonings en al die groot supermarkte wat nodig is."