Geverifieerde Resensie
Brenton-on-Sea
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Brenton-on-Sea bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 112 resensies.
"Not exactly a quick drive to Knysna if you need to get anything from the shop quickly."
"Pragtige rustige omgewing, bietjie afgesonder, maar mens kan maklik in die omgewing rondry op goeie paaie. Die hout paadjie langs die see, hoog op die duin is goed onderhou en sorg vir die mooiste uitsigte. 'n Mens voel ten alle tye veilig."
"Ek het tussen Buffelsbaai en Brenton-on-Sea 'n plastieksak vol meestal plastiek rommel opgetel. Dit was geen moeite nie, maar morsjorse gaan maak dat die Blouvlag-status nie behoue gaan bly."
"Dit was so rustig mens weet nie eers dat daar nog mense naby is nie. Voël geluide en bosbokkies orals te sien."
"Baie rustige vakansiedorp. Voel altyd veilig. Baie billike restaurant en wegneemetes by die strand gebied."