Verified Reviews
Britannia Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Britannia Bay
Rated 4.4 out of 5 based on 62 reviews.
"Weskus rustigheid op sy beste. Brittaniabaai is deel van die Golden Mile - lieflike strandgebied vir stap/draf en kuier by die see. Ideaal geleë om die res van die Weskus te verken."
"Lekker langs die lang wit stand geloop. Desiree/James het ons van al die moet-sien-plekke vertel en ook van goeie, bekostigbare eetplekke vertel. "
"The 4 star rating for Britannia Bay as a travel destination depends on what you are looking for during a break or getaway. It's quiet and there isn't much to see at nearby St Helena Bay. If it's night life you're looking for, then it's not the place to be, although there are pubs, etc."
"There is a need for a public swimming pool or a heated one in the vicinity of the beaches for kids to swim because the sea water is most of the time cold in this area. Britannia Bay is an excellent holiday destination. "
"Ek en my dogters het die dorpie besigtig. Ons was ook by 'n paar besighede aan. Al die mense was vriendelik en ons is oral met 'n glimlag bedien. Ons was ook Saterdagaand by PJ's Pub en Grill. Daar was ons ook soos welkome gaste ontvang. Baie dankie vir die vriendelike diens wat ons daar ontvang het. Ek sal jul beslis aanbeveel by vriende en kollegas. Ek sal die plekkie aanbeveel vir enige moeder wat 'n bietjie alleentyd met haar dogters wil hê. Nuwe respek en hegter bande is gevorm. Die herinnering sal altyd een van die beste wees vir my en my dogters. Ons gaan probeer om dit 'n jaarlikse instelling te maak. Baie dankie Sea Traders en Britanniabaai dat jul ons eerste moeder-dogter-naweek so suksesvol gemaak het."
"Area is stil en veilig. Strand is super skoon en mense rondom vriendelik. Beste vakansie ligging in die Weskus. "
"Enigste nadeel is die afstand van 'n kafee of restaurant af. Verder is dit 'n beeldskone bestemming!"
"Ek dink dit gaan binnekort dié bestemming in die Weskus wees. Dis nog 'n ongerepte area en hier voel mens jy kan asemhaal. Ek het baie veilig gevoel en alhoewel dit die Sondag 36.5°C was, het dit nie so gevoel nie. "
"Britannia Bay is 'n rustige dorpie. By tye, a.g.v. die visfabriek, is daar 'n bietjie van 'n reuk wat oor die dorp hang, maar dit is 'n klein ongerief om te verdra."
"Die omgewing is baie rustig. Ek dink beslis daaraan om 'n belegging te maak en eiendom in die area te koop."
"Pragtige juweel van 'n plek met alles wat mens kan nodig kry. Die plek het in my hart ingekruip!"