Geverifieerde Resensie
Britannia Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Britannia Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 127 resensies.
"Britannia Bay is 'n rustige dorpie. By tye, a.g.v. die visfabriek, is daar 'n bietjie van 'n reuk wat oor die dorp hang, maar dit is 'n klein ongerief om te verdra."
"Ons bly gemiddeld een maal per jaar 'n naweek hier. Dis die rustigste strand wat mens kan geniet in die af seisoen."
"Die omgewing is baie rustig. Ek dink beslis daaraan om 'n belegging te maak en eiendom in die area te koop."
"Pragtige juweel van 'n plek met alles wat mens kan nodig kry. Die plek het in my hart ingekruip!"
"Britannia Bay is really wonderful, if you want that quiet beach getaway, definitely go to Britannia Bay."
"Lekker plekkie. Sal hoogs aanbeveel vir enige iemand wat daar reis. Beste wat ek al ervaar het."
"Desembermaand was baie winderig. Ons hou van stap en het elke oggend van die huis af tot by Shelley Point gestap (sowat 10 km). Die reën het ons selfs een oggend gevang. Dit het ons nie gepla nie, vir sulke dae was die DSTV 'n absolute bonus. Baie mense het seker vir Kersfees "drones" gekry, gedurig op en af langs die strand en oor ons koppe. Dit was nogals irriterend. Vreeslik baie honde wat nie op leibande was nie, al is daar 'n kennisgewingbord wat sê dat dit noodsaaklik is! Baie ouers met klein kinders op die strand moes honde van hul kinders af wegjaag. 'n Vrou wie se hond op 'n leiband was, was op haar hande gebyt toe sy haar hondjie wou beskerm teen groter honde. Daar is ongelukkig geen mense met wetstoepassing teenwoordig om die publiek te beskerm teen loshardlopende honde langs Golden Mile-strand of om die eienaars boetes op te lê nie."
"The area is a bit remote but beautiful. Young kids would be bored staying there for too long."
"As jy 'n plek soek om net te ontspan, vis te vang en die see te geniet is dit beslis die plek vir jou!"
"Bietjie ver om daar uit te kom en nie veel om te doen nie. Winkels ook tans 'n probleem, moet ver ry om basiese goed te kan koop."
"Dit is veilig met 'n wonderlike loopstrand. Ons oorweeg na dese om eiendom daar te koop."
"The peaceful nature is ideal for those who want to unwind and just get away from the busy everyday lifestyle. Tourists might need more attractions."