Verified Reviews
Brits
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Brits
Rated 3.8 out of 5 based on 77 reviews.
"Would not say it's a holiday destination to visit Brits, but surrounding areas have a lot of attractions that is worth staying in Brits."
"Brits is maar soos enige ander dorp in die land, jy kry die goeie en die slegte. Ons was gelukkig gewees om Brits te ken deur my skoonsuster wat daar woon. Die woonbuurt is pragtig waar Grasdak Guesthouse is, maar ongelukkig kan mens nie dieselfde van die dorp sê nie."
"Brits het 'n klomp plekke in die omgewing, soos venues en natuurreservate. Dit is dus sentraal genoeg om na al hierdie plekke toe te gaan."
"Nice friendly little town and a shopping mall with lots of restaurants and shops."
"Die straat na die gastehuis lyk maar baie verwaarloos met vullis wat orals rondlê. Ons bestemming was egter die moeite werd."
"Alhoewel Brits 'n pragdorpie is met baie herinneringe, is die dorpie se infrastruktuur besig om agteruit te gaan. Sommige strate se slaggate is groot en verspreid, wat die reis ongemaklik maak en selfs skade kan veroorsaak."
"As jy bereid is om 'n bietjie meer per nag te betaal (R1000 - R1500) kan mens baie lekker in Brits kuier."
"It's a little busy, but it cannot be any different as it is a city and not a small town as I'm used to. Love the surroundings of Brits and not too far away from Hartebeespoort Dam. "
"Paaie in baie slegte toestand, baie tuine en huise in die omgewing was baie verwaarloos. Nie baie om te doen nie. "
"Die Hartebeespoortdam-omgewing maak dit lekker. Brits het genoeg inkopiesentrums en alles is nabygeleë."
"Ons familie bly daar naby en ons besoek dit baie. Dit lyk asof die munisipaliteit nie so 'n goeie diens lewer soos dit hoort nie."
"Die paaie is nie so besig soos na ander bestemmings toe nie. Bietjie warm gedurende die somermaande. "
"Daar is so baie mooi dele ronndom Brits wat besoek kan word; mooi natuur en lekker klimaat. Brits is naby aan die hoofsentra - dit kan vinnig bereik word wat die tyd wat by die bestemming deurgebring word, langer maak! "