Verified Reviews
Bushman's River Mouth
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bushman's River Mouth
Rated 4.9 out of 5 based on 36 reviews.
"Die rivier is iets om te beleef. Dis asof die see sy arm uitgestrek het na die binneland toe, daar is 'n oorvloed van vis en voëllewe en natuurskoon."
"Dis 'n pragtige omgewing om te besoek, en vir water-aktiwiteite is dit seker idilies. Maar vir toeriste en motorfietsryers is dit maar baie verlate. Restaurante maak vroegmiddag toe, en daar is nie enige winkeltjies vir die koopsoekers nie. Baie rustig, maar jy sal voorbereid moet kom met 'n paar kruideniersware. Vir wegneem-etes was Continental Take-Aways in Kenton-on-Sea 'n lewensredder, en die kos was heerlik. Nie regtig 'n area om oor huis toe te skryf nie."
"Pragtig! Die watertemperatuur was heerlik en die restaurante onverbeterlik. Dankie, Red Apple Farmstall, Kenton Asian en Stanley's! En die bote, vissermanne, gety en voëls wat die rivier lewe gee!"
"Die sleephelling toegangspad se sypaadjie moet skoongemaak word. 'n Gebreekte tak het dit toegeval. Die strand is pragtig en ongerep. Kwaaihoek is oulik."
"Besoek Kenton on Sea se middel strand met laagwater, jy sal nooit spyt wees nie, voor die see al daardie pragtige rots formasies toe spoel onder die sand. Moenie bang wees om elke hoekie en draadjie te ontdek nie."