Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Ongelooflike lekker kos by Lazy Lizard! Moenie voor 8uur probeer brandstof ingooi nie, alles is toe!"
"A little town with as much and as little to do as you want to.....also recommend the Swartberg pass."
"Sutherland is 'n mooi, skoon en netjiese dorp. Ons het die mooie ou Kerk besoek en by 'n paar winkels ingeloer, die lokale supermark is baie goed toegerus en die diens vriendelik en hulpvaardig. By die planetaruim was daar 'n heerlike warm koppie koffie. Hoop regtig Sutherland kan verder ontwikkel as 'n gewilde toeristebestemming."
"Sutherland is een van daardie plekkies wat jy moet besoek. Die mooiste kerk en ou huise. Regtig 'n pragtige plek."
"Sutherland - sy ligging, interessante geskiedenis, karoo-omgewing, geleentehede om meer van die sterrekunde te leer en natuurlik sy intense, koue winters, bied geweldig baie aan die leergierige en nuuskierige toeris. Ons was al talle kere daar."
"Die Klein Karoo lê na aan my hart. Ladismith met sy groot aantal gastehuise is 'n goeie oornag stop op die R62 vir enige reisiger. Die dorp het heelwat goedbewaarde en gerestoureerde ou dorpshuise en ander geboue wat hom aantreklik maak vir die toeris. Ander besienswaardighede, 'n paar goeie restourante en besighede in die hoofstraat is ook 'n bonus. Sy mense is vriendelik en gasvry"
"Prince Albert is a delightful town full of warm-hearted, friendly locals who have time for a chat. I loved the big art gallery and public library. I went to their Saturday market and enjoyed meeting the stall owners and supporting them. I attended a writing course with Daniel Dercksen, which I enjoyed tremendously. The dairy in town was a fascinating find. One night I had dinner at the Karoo Cafe and what an experience it was. Excellent food. I hear some present cookery courses and art courses too. The Lazy Lizard is a jewel in this Karoo town! The range of products she stocks and the bakery goods (breads, pastries and cakes) are absolutely delicious! I brought a carrot cake home with me. Her cheesecake is superb too! I can understand why so many people settle in Prince Albert. It is a perfect town. Close to George, Oudshoorn and Cape Town. A peaceful, safe place to put down roots."
"Dorp is 'n moet. Kan soveel meer doen en toeriste lok as mense saam staan. Museum was toe, uitstallings by teleskoop buite dorp buite werking en gelyk of laerskoolkinders dit gedoen het."
"Matjiesfontein is a quaint and interesting place to visit. Would reccomend it. The reserve itself is a fynbos reserve and offers 4x4 excursions. The reserve is not close to Matjiesfontein."
"'n Baie interresante dorp met baie te doen vir die toeriste. 'n Besoek aan die plaaslike wynkelder, Fernskloof, is hoogs aan te beveel. Die verskeie eetplekkies is ook iets om te verken."
"Die besoek aan Sterland met Jurg Wagener was werklik 'n fantasie ervaring en kan dit aanbeveel."
"Te kort om enige sinvolle kommentaar te lewer, maar die interessante vertellings van die dorp en die omgewing regverdig 'n tweede besoek. Die NG-kerk is 'n besonderse imposante gebou met 'n kleurryke geskiedenis. Hierbewens is Merweville as dorp goed versorg, baie netjies en skoon. Terloops, nou baie toeganklik vanaf die N1 nadat die dorp met 'n goeie teerpad verbind is."
"Prins Albert is 'n plek waar 'n mens dae lank kan kuier by al die eetplekke en winkeltjies."
"We loved it as we enjoy the colder weather and we enjoyed our stargazing experience that we specifically went to Sutherland for."
"Die dorp het al ons verwagtinge oortref met kuierplekke, besonderse kunsgalerye en gawe inwoners."
"'n Pragtige, landelike dorpie met sy eiesoortige boustyl. Ons het heerlik uitgeëet by The Rude Chef."
"Dalk was ons verwagting te hoog, maar die dorp (dalk maar tekenend van ons platteland) en die besoek aan die planetarium was effe teleurstellend. Kan dalk in die kaartjie wat vir die besoek uitgereik word aandui dat dit 'n opelugtoer is en dat besoekers warm aangetrek moet wees. Sorg maar in die winter vir ekstra warm goedjies."