Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1989 reviews.
"Die Ou Meul - baie oulike restaurant. Sterrekyk net onmoontlik as dit bewolk is. Teleskope baie interessant - maak net seker jy het bewys van inenting anders gaan hulle jou nie toelaat op die perseel nie (besprekings vir teleskooptoere deur Quicket). Baie koud - so neem warm klere saam."
"Ons het die sterrekyk geniet, maar as die weer nie saamspeel nie, mors jy jou tyd. Net een teerpad in na die dorp as jy met 'n gewone voertuig ry. Wees bewus daarvan. Beslis net vir natuurliefhebbers."
"As jy hou daarvan om plattelandse dorpies te besoek dan is hierdie dorpie 'n juweel."
"Wonderlike dorp, sal enige tyd weer gaan! So goed onderhou en lyk versorg met liefde!"
"Dit is 'n prag deel van ons land wat gerus meer besoek kan word - Nou met die goeie reën het dit die omgewing met vol damme en spruite gelaat. Baie vriendelike mense."
"Magnificent. We had the book written by Mike and Beverley Moll as a guide to the Tankwa and will definitely visit again."
"Een van die mooiste Kaapse dorpe, veral met die Swartbergpas in die nabye ongewing en al die besienswaardighede."
"Baie intieme en kreatiewe klein dorpie wat baie het om te bied en die mense is gasvry verby."
"Benodig advertensieborde by die kruising om te wys dat die Pastoriehuisie net 'n paar meter verder is om af te draai."
"Idilliese klein dorpie met pragtige landskappe en woonhuise. Die kultuur is 'n unike ervaring. Beslis 'n plek om te besoek."
"Het 'n bekende digter op die dorpie ontmoet. Dorp is skoon en die mense is vriendelik."
"Beautiful neat town with character and friendly people, definitely a must-see. Swartberg pass and Meiringspoort is spectacular."
"Hou nie baie van Prins Albert nie, maar die area buite die dorp is vir my fantasies. Mal oor die Karoo."
"Heerlike naweekuitstappie, maar wees voorbereid om selfsorg te kan doen vir plan B indien jou etebeplanning nie uitwerk nie. Gelukkig was Die Boorgat oop en gereed toe ons teen 13:45 steeds by 'n (aanbevole) toe deur te staan kom vir middagete elders. Op 'n Saterdag. Weens vorige ervarings op soortgelyke klein dorpies, het ons brood, kaas, melk, jogurt gereed gehad. Klein dorpies is op Sondag dikwels toe of die keuses is ongelooflik beperk, of nie noodwendig goed nie."
"Dit is die mooiste-mooi dorpie en ek was mal daaroor! Kan nie wag om terug te gaan nie! Die Swartbergpas was absoluut uitsonderlik en asembenemend mooi! Die 'Lad-die-Dah' en 'African Relish' restaurante is ook uitstaande! Lad-die-dah is op die punt van die dorp - fantastiese kos en baie goed geprys! African Relish is duurder, maar ook uitstaande kos en diens! Ek beveel glad nie die 'Rude Chef' restaurant oorkant die Swartberg Hotel aan nie - dis baie duur vir wat jy kry, die kos was onsmaaklik, diens swak, geen atmosfeer en die wynlys was beperk (wyn was nie lekker nie, en jy mag nie jou eie wyn neem nie). As jy nog nie daar was nie - moet jy die dorpie gaan verken!"