Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"'n Lekker dorp met baie vriendelike mense met goeie kos en drank, maar hulle is rustig en doen dit op hulle tyd. Paulsen Slaghuis is 'n moet!"
"Net 1 restaurant was oop op die dorp. Geen winkeltjies wat aandenkings verkoop nie, behalwe die planetarium. Sutherland is 'n pragtige plekkie, maar 'n dooie dorp."
"Een dag is te kort om Prins Albert te besoek. Sal volgende keer langer kuier."
"Dorp pragtig, skoon en veilig. Ideal om 'n paar dae oor te bly en die omgewing te verken of om sommer net te chill en die rustigheid te ervaar."
"Net jammer alles maak 17:00 uur toe, as jy laaterig daar aaankom, dan het jy nie tyd om te explore of amper om iewers te eet nie."
"Wat 'n ongelooflike dorpie. Ons het die planetarium besoek en die sterrekyk was besonders. Puik toerleier met baie kennis wat hy graag deel. Hier is nou 'n plek waar mens kan rus. Bly sommer 'n paar dae."
"Het Saterdagoggend die mark besoek. Egte plaasondervinding. Vriendelike, plat-op-die-aarde mense. Mal oor hierdie dorpie."
"Meer inligting gee oor sterrewag spesifiek die besoektye veral vir besoekers wat net 'n dag deurbring op die dorp. Inligting by gastehuise beskikbaar stel. Ons het die sterrewag gemis, was te laat."
"Wonderful town with loads to see and lots of learning opportunities. There are shops and petrol for restocking when on road trips."
"Good stopover point on my way to Cape Town. A lovely old town with lots of charm."