Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Sutherland is 'n sprokiesdorp as mens wakker word en dit sneeu. Wat 'n wonderlike ervaring."
"Behalwe vir die koue waaraan ons Kapenaars nie gewoond is nie, is die gasvryheid van die mense van Sutherland ongelooflik. En boonop het ons 'n bonus ontvang met die sneeu wat Sondagoggend geval het. Wat 'n ervaring. Die besoek aan die Planetarium was baie insiggewend, asook ons besoek aan Sterland."
"Merweville is pragtig skoon, werklik 'n Karoo-paradysie. Daar is nou 'n teerpad vanaf die N1 na Merweville, al wys die padkaarte dit nie aan nie. Die pad loop vanaf Prins Albert-weg direk na Merweville. Nie veel om te doen nie, maar net om die Karoo stilte te ervaar is wonderlik. Mens kan lekker ver gaan stap. Baie veilig, en die mense is baie vriendelik. Daar is twee oulike en outydse winkeltjies in die dorp met 'n verbasende verskeidenheid goed om te koop."
"Beplan eerder vir 'n dag meer as minder. Die dorpie het 'n aangename en positiewe indruk gemaak. Soveel om te beleef en te sien. Die Ghost Walk is 'n moet. "
"Dit wat ons gesien en gehoor het, het ons laat besluit om vir langer terug te kom om meer van die omgewing te siene te kry. Ons het ten minste lekker kaas gekoop by die Parmalat fabriekswinkel."
"Gaan stap saam met Ailsa (die Storyweaver). Buiten haar kennis wat sy oordra, het sy die wonderlikste sin vir humor en mens is sommer lief vir haar. Sonder haar vertellings sou Prince Albert nie dieselfde wees nie. Die Gay's Dairy was om die minste te sê 'n mislukking. Mik verby. Hoop hulle sien hierdie kommentaar en doen iets daaraan, want hulle kaas is regtig lekker, maar die res is moeilik om eers as 'n toeriste-aantreklikheid genoem te word!"
"We had a great tour of the beautiful NG Church. Our guide, Oom Jannie, was very knowledgeable and you can find his number on the side door of the church. The SALT telescope is very worthwhile visiting but unfortunately, due to it being overcast we could not do any star gazing. "
"Sutherland was sekerlik die skoonste en mees netjiese van die kleiner dorpe waardeur ons gereis het. Dit is 'n ware juweel om te besoek!"
"Ek het my hart verloor op Merweville. Ons is oral so vriendelik ontvang. Dit voel of 'n mens deel van 'n familie is. Ek sal definitief weer gaan kuier."
"Quaint village with friendly people. The newly opened Planetarium, together with Sterland and the SAAO gives the visitor a selection of stargazing options. Very cold in the winter months."
"Die nuwe planetarium in die dorp is baie interessant en moet besoek word. Aangesien ons tydens 'n vorige besoek op 'n begelyde toer by SALT gegaan het, het ons hierdie keer net die teleskoop terrein besoek. Die uitstalsentrum lyk egter taamlik verwaarloos en vir seker in 'n baie swakker toestand as by ons vorige besoek, so ongeveer tien jaar gelede. "
"Behalwe vir die Sterrewag in die omgewing is daar niks sienswaardig nie."
"Klein dorpie, baie potensiaal, ons sien veranderings aan geboue, het by splinternuwe restaurantjie middagete geniet, historiese gebou! Natuur is pragtig."
"I suppose it's all about why you are there. We didn't have much time to explore but will definitely come back and check it out!"
"Persoonlike smaak bepaal of 'n persoon Prince Albert as 'n toerismebestemming sal beskou of ervaar. "