Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Dit was ongelooflik. Die eindelose berge, die skape, die voëls en die stilte is presies wat mens kort van 'n besige stad af. Dankie Karoo, julle sien my gou weer."
"Een plek wat beslis op elke mens se emmerskoplysie moet verskyn. Die bonus van goeie sneeu-neerslag het dit natuurlik een van ons beste wegbreek-naweke gemaak vir 2018! Ek sal Sutherland aanbeveel aan enigeen."
"Generally not a place one would stay for more than a day or two if travelling with a young family."
"Netjiese dorp met aand- en Saterdagoggendmark. Baie om te geniet en te verken. Beslis die moeite werd om oor te slaap op pad na verdere bestemmings, of selfs daarheen te gaan vir 'n kort vakansie."
"Beautiful Karoo landscape, interesting arts and crafts, mohair products, olives, dried fruits and restaurants."
"Behalwe vir die twee uitstaande kenmerke van die plekkie, kan die inwoners se vriendelike geaardheid as 'n kenmerk bygevoeg word."
"As jy nog nie daar was nie, gaan beslis veral tydens die winter. Wat 'n belewenis van ware Karoo gasvryheid en vriendelikheid."
"Ons het per toeval op 'n fees afgekom in die dorp en dit het ons 'n kykie in die samestelling en mense verhouding van die gemeenskap gegee - 'n baie aangename ervaring."
"Prins Albert is 'n ware juweel met pragtige, goed versorgde Karoo argitektuur, vriendelike en meelewende inwoners, lekker eetplekke, 'n weeklikse mark, uitstekende showroom teater waar ons 'n fantastiese vertoning bygewoon het, 'n pragtige, leersame museum en nog veel meer. In hierdie pragtige en rustige omgewing kan jou batterye beslis herlaai word."
"Die Karoo sal altyd 'n toeriste bestemming bly. Dit hou 'n eie bekoring in wat jy moet ervaar om te verstaan en te waardeer."
"Dis jammer die besigheidsure, selfs oor 'n naweek vir 'n meestal toeristebestemming, is vreeslik beperk. Sal volgende keer eerder in die week gaan."
"Elke mens moet ten minste een keer in hulle leeftyd die koue in Sutherland beleef! Dit is 'n ongelooflike ervaring wat jy nie vir iemand kan beskryf nie. Die starre is pragtig en dit lyk letterlik of jy aan die melkweg kan vat! Pak genoeg warm klere in, handskoene, mussies en baadjies is 'n moet! "
"Sterrekyk by Jurg Wagener se Sterland is nie 'n opsie nie, dis 'n besliste moet doen! Die skaapskenkels by Cluster d'Hote is onverbeterlik!"
"Het lekker gekuier, maar sal liefs nie weer dieselfde naweek daar wil deurbring as die bikers met hul karige klere en maniere daar kuier nie."
"Het die lekker gesellige markie besoek waar ons vars plaasprodukte kon bekom, asook geselsies kon aanknoop met plaaslike inwoners. Was 'n belewenis. Ook lekker winkeltjies om te besoek. "