Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Pragtige dorp. Die tannie daar bo in die dorp met die melkery het uitstekende kaas en goeie vleis."
"Interessante dorp maar beslis "over-priced". Verblyf en restaurante. Aanvaar die dorp is gemik op buitelandse toeriste."
"Die OK Minimark is die enigste algemene winkel, maar het voldoende van wat mens benodig - is selfs op 'n publieke vankansie dag oop in die na-middag tussen 16:30 en 18:00."
"Lieflike, interessante dorpie. Daar is soveel om te doen en beleef. Die plek wemel van puik kunstenaars. Besoek gerus. Ook naby De Rust, Meiringspoort en natuurlik Swartbergpas en Gamkaskloof met Die Hel. 'n Fotograaf se droomwêreld."
"Sal graag weer daar wil gaan kuier, vir een nag se oorslaap is dit nie voldoene nie. "
"Wat 'n lieflike dorp! Egte Karoo gasvryheid en so baie interessante plekke om te beleef en te geniet. Prins Albert sien ons vir seker weer."
"Prins Albert is 'n moet sien. Daar is soveel om te sien. Die Swartbergpas is asemrowend. "
"'n Pragtige dorpie aan die voet van die Swartberge waar mense nog belangstel in mekaar en die inwoners uit hulle pad gaan om toeriste waarde vir hulle geld aan te bied. Gaan kyk gerus."
"Ons het veral die Fransie Pienaar museum geniet. Maandae is ‘n bietjie stil en ‘n paar besighede was toe of sluit vroeg. Veilig om rond te loop in die strate."
"Sal volgende keer bietjie langer daar wil vertoef. Een van die juwele van ons land."
"'n Pragtige dorpie met asemrowende sterbelaaide nagte. Net die pad tussen die dorp en die N1 kort nog werk om dit verbruikersvriendelik te maak."
"Suthereland is a destination of interest due to the Salt Sattelite and star gazing that happens there, in addition their staple lamb dishes are also an attraction, if one gets to have dinner at one of the restaurants there offering such cuisine. "
"Sutherland is 'n juweel van 'n plek. Ons het die hele ervaring in die Karoo en die "platteland" ongelooflik baie geniet. Die inwoners is vriendelik en gesels onderhoudend en interessant oor hulle dorpie, die sterre en die streek! Ons sal dit definitief aanbeveel."
"Beautiful and charming. peaceful, clean, very friendly people, typical Karoo hospitality. safe environment. You can't help but relax and unwind."
"Baie rustige plek, maar so baie om te doen en te sien. Baie lekker eetplekke."
"Wees voorbereid: geen kafees of wegneem ete plekke na ure nie, en min op Sondae. Beplan dus om voor 19:00 in die aand daar aan te kom anders gaan jy honger slaap. Neem muskietwerende goed saam . Die hele land se muskiete kom hier bymekaar wanneer die son sak."
"Wat 'n pragtige, goed bewaarde en aangename dorp, in 'n pragtige omgewing en soveel om te bied. "
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Mooi netjiese Karoo dorp aan voet van Swartberge. Dorp en omgewing het interessante historiese en geografiese besoekplekke. Almal die moeite werd om te sien. Gemeenskap kan geloof word vir "omgee vir diere" en instellings soos die Donkey Sanctuary."
"Ek was laas in 1978 in Sutherland. Moet se nie veel het verander nie, maar voorwaar 'n baie rustige dorpie om te besoek."