Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"There could be a tourist info center or more pamphlets at various places giving you an idea of things to do."
"Wonderful surrounding countryside. Friendly towns people. Peaceful. Easy access to "must visit" places like Seweweeks Poort, Redstone Mountain country, Swartberg Pass, Rooiberg Pass. Excellent wines and fruit. Wonderful."
"Ek glo nie dat Robertson goed genoeg bemark word nie. Daar is heelwat plekke om te besigtig, in en rondom Robertson. Die ligging maak dit moontlik om as 'n sentrale bestemming te dien vir ander dorpies in die omgewing."
"Hou jy van Clarens? Greyton? Dullstroom? Dan is dit jou soort dorpie dié. Snuisterywinkels, koffiekamers, en 'n skilderagtige ligging in die berge teenaan die suidelike ingang van Meiringspoort. Daar is twee wynplase in die omgewing. Probeer Mons Ruber se Cabernet Sauvignon Jerepiko (weens naamregulasies gebottel as Elegantia) en landgoed-boegoebrandewyn, of Domein Doornkraal se interessante versnitte met name soos Kuierwyn en Kaptein. Begroot 'n hele oggend van jou reis op Roete 62. Dalk sien jy "Jans Deere" se motorfiets, groen geverf soos die bekende trekkers, voor Mooikaroo staan, met Oom Jans self op die stoep, gewapen met 'n koppie koffie en lus vir gesels. "
"Perfekte plekkie om bietjie weg te kom van die stad se lawaai, maar naby genoeg dat dit jou nie 'n plaas se geld kos om daar te kom nie. Dis een van die klein dorpies waar jy voel jy is op die platteland, maar nog steeds al die geriewe het."
"Die mense van Montagu is ongelooflik behulpsaam, vriendelik en sout-van-die-aarde. "
"Die dorpie is klein en rustig. Dit is perfek vir 'n naweek weg van die stad en vir rus en vrede. Ek sal waarskynlik nie vir veel langer as 'n naweek die bestemming besoek nie. Die mense is vriendelik en behulpsaam en dit was regtig 'n lieflike gemeenskap. "
"Mooi rustige dorpie waar jy nog steeds in stofstrate kan rondloop met hier en en daar 'n koei of perd. Die tuine is pragtig met arms vol rose. Die 'locals' is vriendelik en gasvry. Goeie ondervinding!"
"McGregor het 'n eiesoortige karakter wat groot aanklank vind by die stedeling op soek na rus en vrede. Dit sou baie gerieflik wees indien daar 'n pad tussen McGregor en Greyton kon wees. Die 'ompad' per motor tussen die twee dorpies was so vlak bymekaar is, neem ongeveer 2 ure om te ry. Ek verstaan egter dat elk van die dorpies sy eie karakter wil behou en nie ineen wil smelt nie."
"Montagu is pragtig en daar is soveel om te ontdek. Ons sal definitief weer terug wees."
"Close by such a variety of family entertainment, great location!"
"Bonnievale die dorpie self is besig om uit te brei, maar die asemrowende omgewing, Robertson, McGregor, Ashton, selfs na Montagu en Barrydale se kant toe het so baie om te explore. Definitief 'n roadtrip werd. Die Bonnievale River Lodge is lekker sentraal en kan mens elke dag 'n ander wynroete gaan explore."