Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"'n Pragtige dorp met die mooiste ou huise. Die restaurant wat ons besoek het, het die lekkerste appeltert en roomys gehad en die diens was vriendelik. Ons het deur Seweweekspoort teruggery en alhoewel dit amper deur 'n veldbrand verwoes was, herstel dit goed en gaan dit oor 'n paar jaar weer een van die mooiste natuurwonders van ons land wees."
"Dit is besonders dat mens in die aande die gesing van die kerkgangers hoor en nie die geraas van voertuie nie. Dit is ook baie gerusstellend dat die misdaadsyfer daar bykans nie bestaan nie."
"McGregor is beslis 'n bekoorlike bestemming vir mense wat hou van die vars lug en rustigheid. En die mense is so vriendelik daarby. "
"Ek is gaande oor Ceres vandat ek die eerste keer in 2010 daar was. Sedertdien was ek twee maal in die Kaap en het albei kere het ek 'n punt gemaak daarvan om in Ceres te stop. Daar is 'n oulike geskenke winkel naby die Pick 'n Pay. Ons het nogal geniet om daar deur te loop. Verder is dit net lekker om so mooi dorpie teen die berge in te neem. Vir iemand soos ek wat van vlieghengel hou, is Ceres fantasties omdat byde die Koekedoudam en Lakenvleidam in die omgewing is. Daar is ook 'n paar stroompies om forel in te vang. "
"Ladismith is 'n vriendelike dorp, 'n goeie voorbeeld van eg Suid-Afrikaanse gasvryheid."
"It is truly spectacular with beautiful scenery and so centrally located."
"Baie moontlikede in die omgewing. Die pad na Robertson bied die geleentheid om die natuur te geniet."
"We felt welcome and had a very enjoyable visit to Lords, definitely a must. Some of the art venues were unfortunately closed but the shopping was great. All the people we met where warm and welcoming. The surrounding area with the fynbos, vineyards and fruit trees in blossom made beautiful pictures."
"Excellent setting amongst beautiful mountains next to the Keisie River. Farm stalls on Route 66 selling a range of local produce and products and historical sights make Montagu an excellent tourism destination."
"Ashton is lekker sentraal geleë om die area van Swellendam tot by Worcester en ook Barrydale te verken. Daar is baie interessante plekke en plase in die omgewing."
"'n Juweel van 'n dorp wat 'n mens maklik net deurry en nie tyd maak om te stop nie."
"Die wynproe-uitstappies wat aangebied word op die omgewing se plase was uitstekend. Die Klaasvoogds-vallei is bekoorlik!"
"Wonderlike pragtige, skoon dorp. Heerlike eetplekke en interessante winkeltjies. Beter wynplase as om Stellenbosch. Vreeslik baie om te doen in die omgewing. "
"Pragtig! Temenos die hoogtepunt! Ps 23 - Na waters waar rus is en groen weivelde word hier waar!"
"Lieflike vlaktes, interessante plekke om by te stop en goeie wynplase. Mooi karoo-dorpies met lekker koffiewinkels wat mens uitnooi om te stop."
"Organiseer gerus 'n wynproesessie by Boplaas en De Krans. Almal is baie behulpsaam, en die wyn is soet, baie soet."
"Die wynplase is pragtig, die mens gasvry en die wyn lekker. "