Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Die padwerke is nogal 'n groot probleem en dit veroorsaak baie stop en ry. Dit was nogal moeilik om by ons plekkie uit te kom want die pad was toe a.g.v. die padwerke."
"Wees maar bedag op rondloper jonges. Met ons verblyf was daar ouer mense gestoot, gestamp en bevrees gelaat. Polisie was ingeroep maar kon nie die dader opspoor nie. Lekker gekuier en geëet by verskeie restourante. Vetplantjie skou was baie interessant. Die omgewing het pragtige natuur en rondry in die berge was opwindend."
"Ons het die Vetplantfees op Calitzdorp bygewoon en 'n veld wandel met Kevin Koen en sy heerlike manier van kennis oordrag was 'n hoogtepunt!"
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"Baie min om te doen met kinders. Maar die Bird Paradise sal ek enige tyd aan beveel. Als was mooi skoon en die diere is almal baie goed versorg."
"A quirky place with wonderful surrounds, but it needs better places to dine - or at least advertise such places more widely."
"Cute little town positioned midway between Robertson and Montagu. Perfect alternative destination when visiting the Robertson Valley."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."
"Dit was so lekker op die plaas by the Cottages ons het op die ou end min ander besienswaardighede besoek."
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Daar is verbasend baie om te doen in die area. Montagu skep 'n warm klein dorpie gevoel met baie outydse geboue en vriendelike mense."
"Mooi omgewing met die berge en bergpasse. Hou van die wingerde in die valeie. Goed om dagreise te doen. "
"Ons hou van die rustigheid. Sal daar wil aftree. Hoop die padwerke is klaar wanneer ons weer kom."
"Ladismith is naby genoeg vanaf Vyver's Rus, het heerlike middagete gehad by Hillock Wines."
"Die padwerke in die dorp maak dat alles onder stof is en die plek lyk maar 'n bietjie vaal. Ongelukkig is die water by Avalon Springs ook nie juis warm vir dagbesoekers nie."
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Baie min om te doen na 14:00. Op 'n Saterdag en Sondag is alles, insluitende wynplase, toe. "
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."