Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Positief: Baie verskillende, interessante vatbiere by restaurante beskikbaar. Mense is uiters vriendelik. Dié dorp bied 'n groot verskeidenheid aantreklikhede. Die dorp is grootliks dierevriendelik, insluitende die strande. Kennisgewings by die meeste winkels dui aan of honde welkom is. Negatief: Te veel verkeer, baie parkeerplek, maar min parkering oop. Die paaie is redelik in 'n slegte kondisie op party plekke en baie ongemaklik."
"Bloubergstrand is 'n baie aangename area met goeie restaurante, aktiwiteite, winkels en strande. Oor Desembertyd was dit steeds besonders stil en lekker."
"Durbanville is 'n goeie area om in te bly en voel ook veiliger as ander. Die area self is ook baie mooi en dis lekker sentraal geleë. "
"Glencairn Heights bied 'n gevoel van veiligheid. Die voorstad is 'n bietjie ver uit Kaapstad self, maar dis piekfyn as jy net wil rus. Dit het ook sy eie baai wat stil en veilig is. "
"As jy in Houtbaai gaan bly, is 'n uitkykpiekniek met aarbeie en sjampanje by Chapman's Peak 'n absulute moet! "
"Muizenberg is the ideal place to stay as you are so close to many other areas and places of interest."
"Ons is nie mal oor die wandelpaadjie wat hulle besig is om te bou nie - dit gaan beteken jy nie meer net oor die straat kan loop en op die strand wees nie, en dit maak dit moeilik om die mooi uitsig van die pad af te sien."
"Dit is baie veilig, bied roetes vir fietsryers, voetslaners en vir mense wat wil draf. Die promenade en die parkie word baie mooi in stand gehou en is netjies. Heerlike plekkie om piekniek te hou vir kinderpartyjies."
"Ver van die strande af, maar die nabygeleë Canal Walk en ander bedrywighede, asook die ligging ten opsigte van die N1 maak daarvoor op."
"Table View is sentraal geleë en bied baie vakansiehuise, gastehuise, asook vakansiewoonselle. Dit is 'n baie rustige vakansieplek. "
"Vishoek self is 'n besige dorp na my oordeel. Nie heeltemal 'n vakansiedorp soos die omliggende dorpies nie. Dit is meer vir verblyf en rondry. Die hoofstraat is baie besig as jy daar verblyf het en die treinspoor maak dit nog besiger, maar dit is steeds n plek wat 'n mens ten minste een keer moet besoek."
"Baie goeie en veilige area vir ons wat nie die Kaap ken nie."
"Pragtige toeristebestemming. Internasionale en eklektiese gevoel. Goeie basis om die Kaap met al sy besienswaardighede te verken."