Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Gaan eet by Doodles as julle daar kom. Kos was lieflik, sowel as die uitsig oor die see"
"Baie mooi plek. Skoon en netjies. Lekker eetplekkies. Gerieflik naby middestad asook ander pragtige strande soos Blouberg En Melkbos."
"Claremont is 'n redelike ou woonbuurt soos dit vir my voorgekom het, maar naby aan waar ek wou wees en ek het selfs daar alleen gaan stap teen vroegaand en nooit bedreig gevoel nie. Sommige huise lyk verwaarloos en ander is weer splinternuut opgedoen, maar ek het veilig daar gevoel. Omdat my tyd beperk was, het ek nie veel rondbeweeg nie, want ek was van 9-5nm weg met 'n kursus. Ek weet nie wat daar te sien is nie, maar die apteek was loopafstand van my af, so ook ander winkeltjies en kafees. Verder weet ek nie veel nie. Dit is nie te ver van UCT nie alhoewel die verkeer 'n nagmerrie in die oggend sowel as die aand is, maar vir my was dit 'n positiewe ervaring."
"Ek hou van Century City. Dit laat my dink aan Waterfall-city in Midrand. Die area is mooi skoon en word goed onderhou. Die winkelsentrum het alles was jy benodig met 'n Numetro cinema en baie eetplekke. Baie veilig en netjies."
"Uitstekende ligging. Centraal gelegen en mooie omgeving en boulevard. Half uurtje lopen naar Waterfront."
"Plek is skoon en binne loopafstand van die woonstel. Onthou, dis Kaapse strande en die water is koud."
"Bloubergstrand en Table View is vir jare al my gunsteling plek om te besoek. Geen mooier uitsig in die hele wêreld nie."
"Dis 'n pragtige voorstad met al die fynbos en baie water daar. Die reservaat is pragtig met al die fynbos en varkore wat aan die blom is."
"Pragtige see, geskik vir swem en stap. Geriefllik naby groot winkelsentrum. Iets om te doen vir oud en jonk!"
"Pragtig en skoon dorp. Baie veilig gevoel om self in die aand na restaurante toe te loop. "