Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Dis baie sentraal en mens kan regtig na baie eetplekke stap of van die winkels verken te voet. Dis 'n paar minute se ry van die Waterfront self. Al die wonderlike meubelwinkels en dekorplekke waarvan ons plattelanders net altyd lees, is in die omgewing. Dis maar iets soos 20 na 30 minute se ry na Kalkbaai waar daar baie oulike winkels en eetplekke is, of na Kampsbaai waar ons funksie was. Seepunt en Groenpunt is net 'n paar minute se ry as mens sand en see wil beleef. Vir die kultuurvrate is daar ook genoeg in die naby omgewing. Kirstenbosch en die "Boomslang" is minder as 'n halfuur se ry en het ook spesiale plek by die een ingang waar die hondekinders hul mense vir 'n lekker stap kan neem. Daar is ook wynplase soos Groot Constantia nie te ver nie. Dit is byna teenaan al die hoofroetes, so jy is binne 'n kits op een van die hoofpaaie as jy verder wil verken in die rigting van die N1 of N2 of na Bloubergstrand en verder. "
"No traffic congestion. Supply stores are also close. We didn't need to use a GPS as everything could be found almost in one street. Travelling to Kalk Bay was also easy because it is in one straight line. "
"Nét die plek om 'n lang rustige stap langs die see te geniet. "
"Perfekte ligging om van te reis en alles wat die Kaap bied te kan geniet."
"Wind onvoorspelbaar soos wat die Kaap maar is maar die pragtige uitsig en omgewing maak definitief op vir die dae wanneer die suid-ooste wind sy spiere wys. Die strandjie is privaat en nooit oorvol nie. "
"Ons gunstelling vakansieplek in die Kaap, jy hoef nooit Houtbaai te verlaat nie, al die winkels wat mens nodig het is daar en dis naby aan die Constantia wynroete. Die lekkerste viswinkel by die hawe vir vars vis teen billike pryse."
"Daar is so baie om te doen. Die Vrydagaandmark was 'n treffer. Mens MOET mos vis eet by die bekende FISH ON THE ROCKS as jy in Houtbaai kuier. Die busroetes en strand is so gerieflik naby. Ons het die tydjie baie geniet."
"Persoonlik vir my en my vrou was die Old Oak Gastehuis uitstekend naby die familie waar ons gaan kuier het tydens die troue van hul oudste seun."
"Soos bo genoem - lekker sentraal geleë om gou in verskeie rigtings te reis en plekke te besoek."
"Maklik om vanaf die gastehuis na die lughawe ens te reis. Ideaal as mens iemand het wat in een van die nabygeleë hospitale is. "
"Die verkeer op pad en in Bloubergstrand was baie besig. Dit was baie raserig deur die nag."
"Kaapstad is 'n wonderlike bestemming vir buitelanders, asook Suid-Afrikaners. Die stad bied baie en om elke hoek en draai 'n verassing. Ek is net verstom dat Suid-Afrikaners dieselfde prys vir Robbeneiland, City Sightseeing, Tafelberg ens moet betaal. Hoekom kry ons nie 'n aangepaste prys soos in die res van die wêreld nie? Persoonlik voel ek dit is 'n skande en iets waaraan al die toeriste-organisasies kan werk. "
"Very, very nice place to be in. People were always very helpful, it was a nice surprise, we will back back soon."