Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3984 resensies.
"Ons vierde besoek aan Clarens en het dit weereens geniet. Lekker vir 'n naweek, maar langer dan dit sal dit seker vervelig word. Pragtige omgewing, maar dit kan koud word en jy moet gewapen teen die koue wees."
"Dit was effe stil, want ons was gedurende die week daar en eetplekke het vroeg gesluit. Die restaurant wat oop was het tog aan die vereistes voldoen. Mooiste natuurskoon, alles veilig en skoon strate. Dankie daarvoor!"
"'n 4x4-roete sal die waarde verhoog. Sluipslapers in die voetslaan roete in Clarens moet aangespreek word."
"Clarens is 'n pragtige wegbreekbestemming. Ek is in 'n rolstoel en geniet kuns en is self 'n 'crafter'. Wat Clarens wel kort is parkeerplek vir gestremdes en ouer persone met looprame. Nie nodig om alles toeganklik te maak nie, net strategiese parkeerplek en hier en daar 'n oprit na die randsteen. Verder is die mense en besoekers vriendelik. Die inwoners is baie behulpsaam. Eetplekke uit die boonste gestoeltes "
"We went to Clarens when the autumn colours were at their most stunning. No shortage of restaurants and coffee shops and the town is beautifully maintained and kept very clean."
"Just loved the place. It was our first visit and it certainly lived up to expectations and to the comments I have heard over the years. Like living in a museum. Will most certainly return."
"Dit is die ideale wegbreek vir 'n langnaweek. Daar is baie winkeltjies, restaurante, galerye en is net 'n klipgooi weg van Golden Gate Nasionale Park."
"Pragtige natuurskoon met baie interessante winkels en dinge om te doen. Ek kan 'n kort opvoedkundige besoekie aan die Ash River Outfall aanbeveel. "
"Dit is so lekker plek om net weg te breek van alles en te ontspan. Daar is so baie om te doen in so klein dorp. Sal verseker Clarens weer besoek."
"Dat daar geen forelhengelgeleenthede meer is vir besoekers nie, is werklik betreurenswaardig."
"Fantastic destination, had an awesome time there. We also stayed at Sediba Lodge which was a great place. Matt was also a fantastic host will be back. Enjoyed the shops and spent lots of money buying beautiful things. My favourite shop was the candle shop and Clarens Rocks. Very peaceful and tranquil place to go on holiday. People are very friendly and helpful."
"Clarens is 'n kuierdorpie. Baie winkels is interessant om na te kyk en 'n mens kry gewoonlik nie tyd om so te kuier in 'n dorp op 'n gewone naweek by die huis nie. Daar is ook 'n paar stalletjies langs die pad wat ons geniet het. Golden Gate was ook fantasties om weer te sien."
"Die Sondagoggend-kerkdiens om 6:15 was die hoogtepunt oor die Paasnaweek. Ons het tuis gevoel tussen al die vriendelike mense en tee en hot cross buns na die diens geniet. Baie dankie aan al Clarens se mense wat dit spesiaal gemaak het."
"Clarens is 'n wonderlike plek om te gaan vir 'n langnaweek. Die mooi natuur en rustigheid doen die siel goed. Dit is een van my en my man se gunsteling-bestemmings."
"Die skoonste dorp wat ek in jare gesien het. Dis fantasties dat daar nie kommersiële winkels en kitskosrestaurante is nie. Dis beslis 'n moet vir enige reisiger! "
"Clarens is puik. Dit was 'n baie goeie ervaring. Golden Gate was vir my baie wonderlik."