Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Clarens en omgewing is prentjiemooi vir die natuurliefhebber. Slegs 'n halfuur se ry tot by Golden Gate om nog meer van ons Vader se mooi natuur te kan ervaar en beleef."
"Clarens is baie duur. Hul cater vir die oorsese toeriste in sekere opsigte. Verblyf moet uitgesoek word om redelike prys te kry."
"Geniet die kunswinkeltjies, dan (of net as kuns nie jou ding is nie) die bier en kaas, dan die gin! Lekker stop gewees, dan deur baie naby Golden Gate wat merkwaardig is vir die verby-vertikale kranse, tot by Witsieshoek vir die Chain Ladder Hike tot bo-op die berge."
"Die Highlands 100 bergfiets wedren was fantasties en so ook die "trial run" wedloop. Om alles te kroon was daar 'n heerlike sosiale atmosfeer en musiekvertoning wat ons laat kuier het soos jongmense."
"Heerlike atmosfeer en lekker kuierplek met tipiese Vrystaatse gasvryheid en heerlike restaurante."
"Die R26-pad kort dringend instandhouding. In sy huidige toestand is dit lewensgevaarlik om daarop te ry."
"Pragtige toeristedorp in mooi omgewing. Teleurgesteld dat die winkels reeds 16:30 op 'n Vrydag sluit."
"We loved the ambience in Clarens, nice vibe and good food, although we expected a bit more authentic Clarens art and craft etc."
"Very relaxing and beautiful. Most restaurants close at 17h00 during week which is not nice. If you stay in a guest house you must eat dinner before 5! "
"'n Heerlike en interessante naweekbesoekplek - selfs langer: daar is genoeg te sien en doen!"
"Dit is 'n wonderlike en vriendelike dorpie. Mens vergeet van die wêreld daarbuite en geniet elke oomblik daar. Sal weer en weer daarheen gaan."
"Die berge is pragtig en is wat ons tot Clarens aangetrek het. Die winkeltjies is oulik, maar 'n mens kan ook net soveel winkeltjies besoek. Baie van die winkeltjies het ook dieselfde tipe voorraad, so dit raak bietjie vervelig. Dit is definitief nie 'n plek vir iemand wat nie van shop hou nie! Ek dink 'n mens kan ander soortgelyke plekke nader aan Gauteng (van waar ons is) besoek. Ons het 'n dringende mediese noodgeval gehad en moes deurjaag na Bethlehem toe, omdat die dokter nie beskikbaar was buite sy spreekkamerure nie."
"Heerlike naweekkuier. Lekker eet, fietsry en rondsnuffel in winkeltjies. Restaurante raak baie vol in die aand - so bespreek vooruit."