Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Unieke dorpie. Geen groot inkopiesentrums nie wat dit 'n regte outydse ervaring gee. Beslis 'n dorpie om te besoek as jy iets anders as normale winkels en restaurante wil ervaar. Pragtige natuurskoon in en om die dorp met menigte buitemuurse aktiwiteite wat elke avonturier sal byval."
"Clarens is a hidden gem, an ideal spot for a weekend away or a stop-over when touring the beautiful inland."
"Clarens is meer vir volwassenes as vir kinders. Tieners sal nie te lank kan bly nie want daar is nie veel vir hulle nie. Die plek is uitstekend om die stad se vinnige lewe terug te los en te ontspan. Baie oulike winkels en geen horlosie is benodig nie."
"Beslis 'n' juweel So baie om te sien! Die Puma vulstasie se supermark is onsedelik duur en baie vuil. "
"Clarens is 'n fantastiese vakansiebestemming. Dit bied 'n wye verskeidenheid van eetplekke, galerye en aktiwiteite. Dit bly hoog op ons lys van bestemmings."
"Die dorp is besig om in 'n monster te ontaard. Die omliggende omgewing is asemrowend mooi. Maar die ou familie gesindheid van die dorp en dorpenaars is amper heeltemal weg. Mense in die dorp sien jou net as 'n lopende beursie. En die diens by al die restaurante was uiters swak. Ek wil nie 45min wag vir 'n burger en skyfies nie, en dan nog 45min vir 'n rekening, en dan is daar net vier ander tafels in die restaurant. Meeste van die winkels verkoop net goedkoop kaggelkakkies wat mens in die stad ook kan kry, selfs die kunswerke is ook maar algemeen en beskikbaar in meeste gallerye. Kon nie iets uniek of besonders kry wat die naam Clarens op het nie. Die straatverkoper was die enigste een wat 'n gekerfde klip het wat besonders is. As ek dit vergelyk met ons ervaring van die dorp tien jaar gelede, was dit maar soos om in Hartenbos te wees op 'n Desember vakansie. Vol, onnodig en duur vir niks. "
"Dis 'n pragtige omgewing! Daar is nie regtig iets te doen in Fouriesburg en Ficksburg nie. So 3 of 4 dae is genoeg!"
"Sal definitief weer soontoe gaan,vir so 2/3 dae sodat mens die plekkies lekker kan verken! "
"‘n Dorp wat mens gerus minstens jaarliks kan besoek. Perfek om bietjie weg te kom uit die stad en ‘n inkopie paradys! "
"Daar vergeet jy van jou werk, persoonlike en sommer alle probleme, ek vind weer my siel daar, dit is 'n ongelooflike plek."
"Try to get a place as far from the informal settlement as possible. During weekends the noise can be bothersome! "
"Die plekkie verbeter net by die dag, politiek uitgesluit bly dit 'n lieflike dorpie om te gaan ontspan en die batterye te herlaai. Sien julle weer."