Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1815 reviews.
"Mense kan gerus daar stop om bene te rek en so bietjie van die mense daar leer ken, omdat dit so tussen êrens en nêrens geleë is maak dit 'n baie interresante plek. "
"Pragtige dorp met die baie mooie Gariepdam net so 20 minute weg. Sal graag meer tyd daar wou spandeer."
"Daar is genoeg besienswaardighede in Colesberg wat 'n besoek regverdig. Baie vriendelike en rustige dorp."
"Kan beslis by die Plattelander gaan eet. Kos is uit die boonste rakke en bekostigbaar."
"Verskriklik warm in die somer. Oulike restaurante. Regte plek vir halfpadstop tussen Johannesburg en die Kaap."
"Desembermaande gaan dit by Colesberg soos by die Betlehem van die Bybelse tyd, dit is oorvol want almal soek oornagverblyf. Dit is altyd opvallend hoe gasvry en behulpsaam die mense is."
"Ons was verbaas oor die oulike dorp. Het altyd gedink dis 'n stowwerige ou plekkie, maar dis regtig oulik."
"Ons het baie lekker gebly en die restaurante in die omgewing, naamlik Plattelander is hoogs aanbeveelbaar. "
"There isn't much advertising as what to do in and around Colesburg, but it it is a good place to overnight in between long distances."
"Ons het net daar oornag oppad terug van die Kaap af, ons het die wonderlikste ete by Bordeaux Restaurant geniet! Baie gasvrye eienaar, goeie diens en natuurlik die kos was voortreflik!"