Verified Reviews
Die Voor Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Die Voor Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 154 reviews.
"Ek beveel Voorbaai aan. Na my verblyf in Voorbaai sal ek nie sommer weer by Hartenbos vakansie hou nie."
"Beautiful destination, lovely weather during this time. However, very busy over December with very limited parking facilities at the beaches and water park."
"Pragtige skoon veilige strand wat oud en jonk kan geniet. Dis ideaal vir ouers aangesien daar baie is om kinders mee besig te hou sonder winkels en stalletjies met onbenullighede wat ouers se sakke kan ruk. Ek is oortuig 'n sessie in die Waterpark sal kinders se hoogtepunt van die dag en 'n lekker ruskansie vir ouers wees. Alle besighede wat mens op vakansie nodig het is binne bereik, veral die Langeberg Mall is 'n groot aanwins. "
"Ons het gegaan om te rus. Buite seisoen is al die swembaddens en supertubes toe. Ons het meer op die strand geloop en gery om walvisse te kyk."
"Die aktiwiteite vir 'n kleintjie was in perfekte radius van mekaar. Die diens was fantasties by al die plekke waar ons was: die swembad, spa, restaurante en speel area. Dankie almal!"
"Lekker plek om eiendom te besit, as ek die geld gehad het, sou ek beslis daar wou bly."
"Langeberg winkelsentrum is baie naby - met alle winkels waaraan jy kan dink."
"Baie gerieflik naby als, maar veral lekker rustig, net wat mens nodig het om af te skakel en te rus."