Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 1294 reviews.
"Dis ’n bietjie kommersieel en ek dink persoonlik al die eetplekkies is oorprys, maar ’n lekker plekkie vir ’n naweekwegbreek met baie doendinge vir oud en jonk."
"Pragtige romantiese dorpie met mooi natuurskoon. Interessante winkels en 'n verskeidenheid restaurante met heerlike kos!"
"Lekker interessante naweekwegkomkans nie te ver van Pretoria of Johannesburg nie, selfs al is jy nie ;n visserman nie."
"Dullstroom baie mooi netjies, skoon en vriendelike mense. Lekker wegsteek-plekkies om te eet en besoek weg van die hoofstraat af. Besoek gerus."
"Dinsdae is die meeste plekke toe en dit het ons nie vooraf geweet nie. Jy moet jou tyd reg kies anders gaan jy op baie plekke voor dooie mans deur te staan kom. Hoofsaaklik 'n naweekbestemming."
"Die pad na Dullstroom is nie goed nie, die government kan gerus daaroor dink dat Dullstroom 'n goudmyn is vir ons ekonomie. Hulle moet gerus iets doen. "
"Koel, selfs in die middel van die somer. Die dorpie self is baie mooi met oulike unieke winkels. Die pryse is egter buitensporig duur."
"Dullstroom has changed from the past trips we have made there. There are a lot of trucks using the road to and from Dullstroom, which has made it much busier than before, plus leaving more potholes than usual. There are still the old favorite shops, restaurants and new locations. Still will be visiting in the area."
"Dullstroom sal veroorsaak dat ek vroeg wil aftree en permanent daar gaan bly! Lieflike dorp, kos en mense!"
"The Golf Estate (Highland Park) is brilliant and for any golfer well worth the visit."
"Heerlike, plattelandse dorpie met interessante eetplekke en baie besienswaardighede."
"Dis nie julle verantwoordelikheid nie, maar die paaie is ellendig. Ook parkeerplekke in die dorp se plaveisel is baie, baie swak."
"Dullstroom is 'n mooi klein dorpie, dis net 'n jammer vir al die groot slaggate in die paaie in en om Dullstroom, verder is dit 'n moet om 'n draai te maak in Dullstroom."
"Altyd lekker om die winkels deur te loop en ’n wye verskeidenheid eetplekke."
"Die dorpie is goed versorg en bied genoeg afleiding vir besoekers. My komplimente aan The Mad Hatter wat 'n heerlike ontbyt of middagete aanbied. Die slaggate in die paaie is 'n munisipale probleem wat moontlik aangespreek kan word maar Dullstroom en omgewing bied 'n besonderse tevredenheid aan reisigers wat die natuur bewonder en 'n wegbreeknaweek nodig het."
"Even though the weather wasn't great, there was still plenty to do and see. Dullstroom is a beautiful place! Lots of nice shopping and tons of divine food."
"Behalwe vir Mrs Simpson is daar nie baie goeie keuses vir kos nie, behalwe pub middagetes of wegneemetes nie. Daar is nie wonderlike supermarkte nie. Die plekke maak laat oop. Die visvang is nie maklik bekombaar nie."