Geverifieerde Resensie
Durbanville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Durbanville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 228 resensies.
"Die Plaasfees was 'n lekker ondervinding. Die Boer restaurant en teater was soos altyd, die hoogtepunt van ons besoek! "
"Durbanville is al Kaap, maar nog meer dorp. Selfs 'n treurige bestuurder soos ek kan my pad daar kry."
"As jy 'n stil plekkie soek, maar nog steeds in die Kaap wil wees. Is dit die plek waar jy wil slaap."
"Ons was beïndruk met die baie skoon en netjiese omgewing. Naby restaurante en die nodige winkels. Sentraal geleë met maklike toegang tot alle roetes."
"Lieflike, stil area met winkels en winkelsentrums om elke draai. Dis 'n pragtige woonbuurt."
"Alle besighede is maklik bereikbaar en heerlik Afrikaans met al die assistente in besighede."
"Baie mooi plekkie en baie sentraal naby winkels en hospitaal."
"Durbanville is gerieflik geleë tussen baie oulike wynplase, naby groot winkelsentrums en tog landelik."
"Middelpunt van Kaapse Skiereiland wat dit maklik maak om enige plek met gemak te besoek."