Verified Reviews
Ermelo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ermelo
Rated 3.4 out of 5 based on 104 reviews.
"Ermelo het nie veel te bied vir toeruste nie — paaie, veral in die woongebiede is baie sleg, baie slaggate, maar andersins is die mense vriendelik en gasvry. Dorpie is oor die algemeen skoon."
"Ons seun is bevestig as predikant en ons sal waarskynlik heelwat kere soontoe gaan."
"Die dorp self is baie vuil en daar hang 'n onsmaaklike reuk naby die skool waar my kind sport beoefen het. Die groot winkelsentrum is egter 'n pluspunt en pynlik netjies."
"Ermelo is 'n mooi, ou, plattelandse dorp wat ek sedert my kinderdae in die 1960's ken. Ongelukkig het onlangse dienste en verwaarlosing van infrastruktuur baie skade aangerig. Dit is feitlik onmoontlik om in die dorp te bestuur sonder om die slaggate raak te ry. Die toegangsroete na Ermelo vanaf die N4 raak ook 'n probleem en ek glo steenkoolmynbedrywighede raak toerisme in hierdie area negatief."
"Mooi groot dorp. Nie die dorp eintlik besoek nie. Was net vinnig in by 1 groot winkelsentrum. Baie skoon en behulpsame mense."
"Very nice stopover en route to the Kruger National Park, with a lot of restaurants and shops."
"Vir 'n Kapenaar was die paaie uiters swak en moeilik rybaar in reën. Die Merino Mall was egter baie mooi en als beskikbaar bymekaar. "
"Dit is jammer dat die dorp se paaie so uitgery word deur al die swaar vragmoters wat deur die dorp gaan."
"Die omgewing was mooi, slegs die strate is in 'n uiters swak toestand, vol gate wat reis moeilik maak in nat omstandighede."
"Pragtige dorp en met die nuwe Merino Mall beslis die moeite werd om winkels te besoek in 'n veilige omgewing."
"Ek was in Ermelo vir 'n sporttoer vir ons dogter - dit is nie noodwendig 'n toeristebestemming nie."
"Bitter min om te doen maar dis Ermelo. Skoolgronde en skole is baie mooi na omgesien en uitgelê. Party restaurante nie so top-notch nie. Allan's Butchery is definitief 'n plek om te gaan sien en biltong en droëwors by te koop - die een in die bo-dorp. Het die kerk-bazaar geniet."
"Ermelo is tans nie die dorp wat jy was nie. Kan sien die agteruitgang in die dorp alhoewel die inwoners regtig probeer om vooruit te gaan."
"Pragtige bome langs sommige strate. Ek het geen rede om daar te kuier nie. Bloot oornagplek op pad na Wildtuin."