Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Clanwilliam Hills House and Flat"Wat afbreek doen aan die dorpie se geskiktheid as toeriste-aantreklikheid en hoofkwartier waarvandaan verkenning van die pragtige omgewing gedoen kan word, is die onooglike informele nedersetting amper in die dorp. Ek het besoek gebring om eindom te besigtig met 'n plan om daarheen te verhuis vir aftrede; nou sal ek twee keer dink."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Lilybet"Die dorp het die mooiste blomme-uitstalling wanneer dit blommekyktyd is. Lekker eetplekke en mooi omgewing."
Greyton, Escape From Cape Town
Die Markhuisie"Pragtige dorp, vriendelike mense, uitstekende restaurante. Beslis die naam Dorp Van Die Jaar werd."
"Jy moet jou rigting en plekke in die Paarl ken - dit kom maar deurmekaar voor. Vra maar vir Minette vir voorstelle vir resaurante. Die meeste is bietjie weggesteek."
Gansbaai, Escape From Cape Town
The Wandering Albatross"Mal oor Gansbaai se vriendelike inwoners. Plekke wat ons besoek en ondersteun het, was: Boetie Otto se viswinkel, met hul heerlike vars vis en gawe, bekwame, vriendelike personeel; Gansbaai Coffee Company, met hul lieflike kuierplekkie, hawe-uitsig, heerlike koffie en eetgoed vir die lekkerbekke; Komtessa, met hul imposante eienares en unieke klere; Koekeloer, met hul lieflike binnenshuiseversieringswinkel, sowel as die Koekeloer klerewinkel, beide met personeel wat vir jou laat voel hulle raak jou vriende in die kort tydjie wat jy daar kuier; Gansbaai Book Exchange, waar mens ure kan deurbring met boeke uit Toeka en boeke van nou; Antique Junction, nog 'n plek waar jy ure kan deurbring en terugverlang na die vorige era; Sportzone, vir groot winskopies!"
Swellendam, Escape From Cape Town
Old Mill Guest House & Old Gaol Restaurant"Baie historiese besienswaardighede, ongelukkig nie baie tyd gehad om te vertoef nie."
Montagu, Escape From Cape Town
Montague 4 Seasons"Beautiful setting with lovely walks - a nice place to relax."
Barrydale, Escape From Cape Town
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Barrydale is baie goed geleë om groot dele van die Klein-Karoo te besoek. Die dorp is skoon en het wonderlike toeriste-besoekpunte."
Tulbagh, Escape From Cape Town
Eikelaan Farm Cottages"Sommige van die wynplase laat nie hul besoekers soos gaste voel nie, iets waarmee ander plekke wel slaag."
Betty's Bay, Escape From Cape Town
Kara Mia"Die strand/(swem)-gebied is nie so maklik toeganklik nie en die baie bamboese met derduisende goggas daartussen, is nie so aangenaam nie. Andersins is die omgewing en natuurskoon asemrowend mooi."
Franschhoek, Escape From Cape Town
The Restful River House"The Wine Tour was great, stunning scenery, lovely wines, good fun. It just gets rather expensive."
Greyton, Escape From Cape Town
The Lady Grace"Strate nou en verkeer druk. Môremark interessant. Perde, beeste op sypaadjies het ons geniet. Dink hy is bietjie "overrated"."
Still Bay, Escape From Cape Town
Voorhuis"Stilbaai skep 'n goeie indruk van netheid en daar is oorgenoeg plek om oefening te kry - swem, roei en stap. Die winkelpersoneel orals is vriendelik en alles wat mens mag nodig kry, is beskikbaar."
Paternoster, Escape From Cape Town
Over the Moon"Wonderlike bestemming. Die teater in die dorp is 'n pluspunt. Die restaurante voorsien in elke behoefte."
Grotto Bay, Escape From Cape Town
Voir la Mer - Ocean View"Nature Reserve hide-out in a tranquil environment with many strolls, pathways and alongside the beach. A little jewel on the West Coast!"
Struisbaai, Escape From Cape Town
Soms"Jy moet L'Agulhas toe ry vir die ligtoring en dis maar al wat daar is. So, in die somer is daar 'n see, maar dis maar dit."