Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Myburgh Park, Escape From Cape Town
Accommodation Unwind"Pragtige area. Net ver genoeg van die strand om dit rustig te maak. Maar net om die draai as jy strand toe wil gaan."
Worcester, Escape From Cape Town
De Bergen"Alle fasiliteite binne bereik, en naby aan wynroete en omliggende toerisme-aantreklikhede."
Langebaan, Escape From Cape Town
Speelhuis"Dis baie jammer dat mens nie Langebaan se mooi vanaf die pad of ingang in die dorp mooi besef nie. Die eerste 2 kere wat ek daar was, het ek gewonder waaroor die bohaai gaan, totdat ons per toeval een dag by Boesmanlandplaaskombuis opgeëindig het en daar eers gesien het waar die mooi regtig lê. En dit was net die begin. Van daar af, is daar geen keer. Ek sal nie met myself kan saamleef as en nie ten minste 1 keer per jaar hierdie dorpie besoek vir 'n lekker lang verblyf nie. 'n Versteekte diamant!"
Swellendam, Escape From Cape Town
Fonteinskloof Farm"Ou historiese dorp met baie te sien en te besoek. Baie omliggende dorpe in nabye omgewing met baie toeriste-besienswaardighede."
Grabouw, Escape From Cape Town
Oak Lane Cottages"Baie klein, maar ook baie om te doen en te sien. Veral die kosplekke in die omgewing is ongelooflik goed!"
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Rondegat Cottages"Die paaie is in 'n slegte toestand! Goeie bestemming, toerisme bied baie opsies! Ontwikkeling van damwal gestaak. Clanwilliam sonder 'n dam was nogal 'n skok op die sisteem. "
Tulbagh, Escape From Cape Town
Citrus Self-catering Apartment"Interessante winkels en restaurante."
Greyton, Escape From Cape Town
The Old Potter's Inn and Brewhouse"We fell in love with the town and the close proximity of what has now become our favourite restaurant, Abbey Rose and our favourite spot to end the night at, 1854! The locals made us feel welcome from arrival to departure. Definitely a town we will return to as well as recommend to friends and family. A true gem only a stone throw away."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Onse Plekkie"Daar is nie 'n behoorlike winkel nie en jy word gedwing om baie voorbereiding te doen en dan liewer na die mall by Vredenburg te ry. Ook een restaurant wat saans iets aanbied nie."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
43 Lutie Katz"Gerieflik naby aan Somerset Wes, pragtig, skoon en skynbaar misdaad-vry. Ons was voorheen gereeld op Paternoster, maar sal nou heel waarskynlik meer gereeld na Yzerfontein gaan vir 'n naweek."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Krakadouw Cottages"Lots of places to hike and do long walks. There is also a new built mall for the mall junkies and a wonderful spar that accommodated us with all food needs."
Dwarskersbos , Escape From Cape Town
Sanderling Beach House"Kilometers lieflike strand sonder veel mense. Naby en ver genoeg van dorpsarea. Het algemene handelaar met als wat jy nodig het. Tien minute per motor van ander dorpsgeriewe. "
Duyker Eiland, Escape From Cape Town
Caelis Place"Hou dit so afgeleë, stil en privaat, want dis die laaste kans! "
Still Bay West, Escape From Cape Town
Bird's Nest"Dis 'n skoon agtermekaar kusdorpie met die mooiste natuurskoon. Ek en my man het ons harte verloor op die plek."
Still Bay West, Escape From Cape Town
29 On Church"Beslis die wonderlikste en vriendelikste dorpie, sjoe! Almal groet en waai! Superskoon verby! En lekker plekkies om na te gaan en lekker goedjies om te doen! En lekkerste eetplekkies asook heerlike markies! "