Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Paternoster, Escape From Cape Town
Gonana Studios & Villa"A fantastic place to have quality time and unwind with family or friends. "
Hermanus, Escape From Cape Town
Barford Haven Apartments"Ons het op Maandagaand na die seefront gestap en baie ander toeriste ook daar aangetref wat die see dopgehou het op soek na tekens van walvisse. Ons was dankbaar om verskeie walvisse te kon sien. Ons was baie dankbaar vir die goeie huisvesting wat ons deur middel van LekkeSlaap kon bespreek."
Arniston, Escape From Cape Town
Arniston Lodge"Geen OTM of petrolstasie. Rustige en aangename plek."
Paternoster, Escape From Cape Town
Malgassie"'n Moet om te besoek as jy jou siel en rustigheid wil vind! Skop jou stadskoene af en drink die omgewing en vriendelikheid van die mense in. "
Agulhas, Escape From Cape Town
The Gift"The area is very quiet and if that is what you need this is great for you!"
"Dit is stil, maar na genoeg aan Hermanus. Die strandmeer is uitstekend vir klein kinders."
Britannia Bay, Escape From Cape Town
Absolute Beach"Dis 'n wonderlike plek vir mense wat wil wegbreek uit die gejaag van die lewe, dis 'n absolute kans om te rus en niks te doen nie."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Baviana Beach Lodge"Ons sou graag vir Jacobsbaai 4 sterre wou gee, maar die tekort aan winkels om voorraad aan te vul, asook plekke om by te eet is 'n groot leemte, want 'n mens kan nie elke dag na Saldanha toe ry om inkopies te doen of uit te eet nie."
Blouwater Bay, Escape From Cape Town
Kyki-C"Dit is lekker stil by Blouwater Baai, maar tog naby besighede en ander besienswaardighede. Ek sal dit beslis kan aanbeveel."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
A Whispering Whale"Jacobsbaai is baie sentraal geleë ten opsigte van 'n besoek aan die Weskus. Nog ongerep en ter wille van die permanente inwoners wens 'n mens dat hierdie pragtige plek nie oorval sal word deur toeriste nie. Een van die min kusdorpe wat nog nie gekommersialiseer is nie."
Elands Bay, Escape From Cape Town
E'bay Apartments"Dis rustig en lekke wegbreekplek! Ek sal weer teruggaan en weer van LekkeSlaap gebruik maak."
Gansbaai, Escape From Cape Town
Great White Accommodation"Uitstekend vir haaihokduik met 'n baie lekker restaurant. "
Big Bay, Escape From Cape Town
Seaside Village24a"Baie oulike eetplekke langs die see en gerieflik geleë met lekker winkels, en tog naby aan al die toegangsroetes na Kaapstad. "
Swellendam, Escape From Cape Town
Wildebraam Berry Estate"'n Pragtige, historiese dorp met baie om te doen en te sien. Daar is heerlike staproetes en uitstekende restaurante. Die museum is 'n moet-sien."
Fisherhaven, Escape From Cape Town
LagoonAndSea"Sal beslis weer daar gaan uitspan en dan alle paadjies uitstap en ook op die rivier gaan roei. Dit is naby 'n hele aantal besienswaardighede."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
See-pampoentjie"Jacobsbaai is baie rustig, dis ideaal vir mense wat bietjie wil wegkom van alles."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Ndedema Lodge"'n Puik toeriste-bestemming met baie om te doen en sien."
Blouwater Bay, Escape From Cape Town
Kyki-C"Daar is nie baie te sien of doen hier nie, maar dit is baie naby aan Langebaan, Saldanha en ander kusdorpies. Dis 'n stil, rustige en veilige dorp."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Abalone Guest House"Dit is hoe ons dink 'n vakansiedorpie by die see moet lyk. Dit het geen handelsgedruis, maar is nogtans naby winkels. Die omliggende plekke is ook lekker om te besoek. By dit alles is Jacobsbaai prentjiemooi. Ons sal graag weer daar vakansie wil hou."
Paternoster, Escape From Cape Town
Roosmarijn Guest House"Paternoster is 'n idilliese plek by die see. Die lang, ongerepte strand en vriendelike mense, vars lug, seekos, lenteblomme en natuurskoon maak dat mens net weer wil gaan."
Hermanus, Escape From Cape Town
Baleia de Hermanus"Hermanus het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n top-bestemming vir toeriste van heinde en ver. Veral buitelandse toeriste is gaande oor Hermanus. En natuurlik is dit ook die beste plek naby aan Kaapstad om die Suidelike Noorkapper-walvisse van die land af te sien."