Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 9016 reviews.
Palm Beach, Escape From Durban
Vaucanga Thuarsi"Die strand was skoon en ons het personeel gesien wat rondloop op die strand met swart sakke op soek na moontlike rommel. Die ablusiegeriewe op die strand was baie skoon en netjies. Die braai en piekniek area was baie netjies en skoon. Ek hou daarvan dat geen klappers toegelaat is by Palm Beach nie en die natuurskoon is pragtig. Ons kinders het heerlik geswem en die veilige strand swembad en baie skulpe op getel. Ons het vir ure al die verskillende seeplantjies en diertjies bewonder in die rotspoele."
"Nie baie restaurante in die omgewing nie, tog is dit baie sentraal geleë aan die Suidkus."
"Ek is nie 'n Natal " fan " nie maar wil sê Uvongo was baie lekker selfs die strand op Kersdag was puik."
"Ons het baie geloop en winkels gekyk, nie gekoop nie, dus kan ek nie juis kommentaar gee oor Margate nie. Al wat vir ons sleg was is die baie "tattoo" plekkies en die mense wat hulle so laat teken en inkleur al of hulle nie inkleurboeke gehad het toe hulle klein was nie. Dit is ons kommentaar nie die algemene publiek s'n nie."
"Ek was nie baie lank daar nie (net oornag). Ek weet Howick het mooi besienswaardigehede en is oor algemeen baie mooi plek. Nog nooit daar vakansie gehou nie maar wel al daar gestop en waterval besoek."
Shelly Beach, Escape From Durban
Madge Cottage"Hou van Shelly Beach, baie sentraal van ander besienswaardighede."
"Dit was heerlik maar ten spyte van vreeslike beheer en toegang by die strand was daar steeds drank en dronk vrouens so die toesig en toegangbeheer is nie effektief nie al betaal 'n mens 25/person om strand toe te gaan."
Southbroom, Escape From Durban
Bushbuck Lodge"Southbroom was 'n wonderlike bestemming oor die Kerstyd. Netjiese strand, lagoon en gety-swembad. Die strand is veilig en glad nie beset met massas mense nie. Parkering digby strand en heerlike wegneemetes / snoepgoed te koop by strandkafee. Naby aan besienswaardighede en ander strande. Baie skoon strate en veilig. Word goed onderhou deur belastingsbetalersverenging en dus 'n ideale bestemming vir die kieskeurige vakansieganger."
"Baie netjiese, vriendelike plekkie met verbasend meeste Afrikaanse toeriste! Ons het Ramsgate baie geniet. "
Manaba Beach, Escape From Durban
Dumela36"Nie so besig soos Margate hoofstrand nie, graswalle sal ook baie gewild wees soos by Shelley Beach."
"Ek dink dit is rustig maar sal sê dit voel meer soos 'n klein plattelandse dorpie as 'n vakansie area veral die opset van die strand moes maar elke keer ry om by 'n bank of Spar te kom sal aanbeveel dat hul maar moet oorweeg om so iets aan te skaf nader vir goedkoper items."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Santa Lucia Guest House"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Ndlovu Chalet"St Lucia is die beste vakansiedorpie vir 'n gesin wat die buitelewe geniet. Dis 'n fantastise bestemming omdat 'n wildtuin en seevakansie in een gehou kan word. "
"Uvongo sal beslis nommer een op ons lys bly. Die is baie veilig en rustig."
Leisure Bay, Escape From Durban
Tomyra's Lodge"Rustige natuurskoon area, moet behou word as bewaringsgebied."
Southbroom, Escape From Durban
Luxury Holiday Beach House"Stiller as die res van die Suidkus. Baie geniet."
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."