Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 9016 reviews.
"Wish they can make the promenade right through until Durban central beach, that would be a really nice walk."
Southbroom, Escape From Durban
Southbroom Smartstays"Seker dalk nie vir almal nie, maar ons gunsteling-seeplek."
Hibberdene, Escape From Durban
Rockview 43 - original"Hibberdene se strand was lekker rustig en skoon terwyl ons daar was. Die winkels is wel 'n probleem, want daar is amper nooit parkeerplek nie, maar anders as dit was alles goed en wel."
Glenmore Beach, Escape From Durban
On The Beach @ South Sands no 2"Die strand is skoon en goed bestuur. Die swemstrand is baie naby die huis."
"Kan bietjie raas op naweke a.g.v. mense van die area wat met karre op en af jaag en harde musiek speel in die strate."
Port Edward, Escape From Durban
Maribeau Akkommodasie"Dit is werklik 'n pragtige plek, skoon. Almal is baie vriendelik."
Hibberdene, Escape From Durban
Hibberdene River Resort Unit 98"Hibberdene strand is 'n baie lekker swemstrand met lewensredders. SuperSpar en PicknPay winkelsentrum alles bymekaar."
"Ek sal teruggaan St Lucia toe, eers wanneer die kwessie t.o.v. die meer uitgesorteer is. Soos dit was voorheen, is dit definitief nie meer dieselfde nie, behalwe as jy dalk 'n boot het. Hoeveel visse, hippos, en selfs krokkedillle is oor in die meer, a.g.v. die probleem. Jy kan nie eers soos altyd langs die meer gaan sit en visvang nie, alles is toegegroei, behalwe as ek iets gemis het. Hartseer storie as ek die situasie so aanskou."
Hibberdene, Escape From Durban
Marina Palms 23"Major water issues in the area from the municipality side. One might be without tap water for days on end. Beach toilets are locked when the water supply is off. Hibberdene town has all the basic shops one needs to get supplies, meds, drinks, gasoline and food. Beach lifesavers weren't always visible on the beach to watch swimmers as the lifeguard house had some partying, drinking alcohol the whole Friday with the locals. Beaches weren't always clean as there was a lot of rubbish washing out and laying around on the beach. The best shells collecting we had so far I must say and swimming was great"
Pietermaritzburg, Escape From Durban
Southern Comfort Accommodation"Heelwat besienswaardighede indien jy bereid is om so bietjie uit die dorp te ry. Om 'n dag strand toe te gaan is ook moontlik."
"Alhoewel dit nog 'n baie mooi strand is, is die omliggende area maar verwaarloos. Ongelukkig!"
"Was 50 jaar gelede daar as 'n kind saam met my oorlede ouers ,toe was daar baie meer voëllewe asook meer diere, en jy kon groot visse vang in die meer. As die owerhede nie gou plan maak om die meer oop te maak nie, kom daar groot probleme."
"Daar was net baie mense wat met 'n maag-ding gesukkel het nadat ons in die see geswem het. Ek dink daar kom baie vuil water by die lagoon in. Daardie water van die lagoon het ook 'n onaangename reuk. Daar was selfs 'n Gr. 7-rugbytoer wat die toer moes kortknip oor al die kinders siek geword het met hul maag net nadat hulle geswem het. Maar dit is 'n baie lekker strand en nie te oorvol nie."
"Veilige, rustig, baie skoon, dierevriendelike vakansiedorp vir familie en vriende. Jonk en oud."