Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 9016 reviews.
"Ongelukkig het waterbesoedeling weerens 'n invloed gehad. Uvongo-strand was toe vir die volle tydperk van ons vakansie. Dit is ongelukkig nie net Uvongo nie, dit is 'n gedurige probleem in hoofseisoene in die suidkusarea en 'n onaanvaarbare risiko en ongemak."
Hibberdene, Escape From Durban
Anchors Aweigh 119"Ek hou nie meer so baie van Hibberdene nie. Die strand is oorvol en ons was daar in Januarie. Van 12uur af kom daar hordes mense aan."
Hibberdene, Escape From Durban
Anchors Aweigh 62"Parkering is 'n probleem in die dorp, maar alles is sentraal."
"Pragtig, my man was 'n polisiebeamte daar baie jare gelede en dit was vir hom baie spesiaal om weer daar te kon wees."
"Margate-strand is te vol en die strate baie besig, verkies om na ander plekke te gaan."
Port Edward, Escape From Durban
Bronze Paradise Unit 1"A great place to go if you want to get away from the rat race, and the beaches are great."
"Baie mooi en eksklusiewe area, naby Ballito. Die twee granny pools wat voorsiening maak vir klein én ouer kinders/grootmense, is 'n baie goeie idee. Groot keuse van winkels baie naby."
"Strand is baie vuil en word nie skoongemaak nie! Net die paaie word skoongemaak. Dis 'n jammerte dat ons met sulke munisipaliteite moet sit. Strand is vol papiere, doppies, hoenderbene, sigaret stompies, ens."
Southbroom, Escape From Durban
San Lameer Villa 2205"Die Suidkus is nie meer wat dit was jare terug nie. Southbroom of meer spesifiek Sanlameer sal altyd 'n wyse keuse wees. Baie om te doen, en veilig daarby."
Pietermaritzburg, Escape From Durban
Matts Rest B&B or Self Catering"Die dorp val uitmekaar uit. Infrastruktuur is nie goed nie. Baie probleme met krag, water en ander dienste. Die strate in die stad is in 'n baie swak toestand met menige slaggate. Die padwerke op die N3 gaan aan vir jare en veroorsaak lang oponthoude op die pad in en uit PMB. Jy gaan daarheen omdat jy daarheen moet gaan, of omdat jy oorslaap op pad tussen bestemmings. Daar is lekker plekke om te besoek in die omgewing, bv. die hele Midlands Meander, maar dan sal jy eerder daar iewers wil bly."
"Uvongo se strand self is verskriklik vuil en nie opgepas nie. Mens swem eerder op Trafalgar-strand of Port Edward se kant toe. Eetplekke is verskriklik lekker en bekostigbaar."
"Ek wens net die munisipaliteit wil al die rommel vanaf die strand en rotse verwyder."
"The beach is absolutely clean, the people are friendly. Shops are nearby, very convenient."
"Ons het nie veel in Umkomaas verken nie, aangesien dit vreeslik gereën het. Dit was egter die enigste plek waar ons geredelik slaapplek kon kry, toe ons ander vakansieplanne weens Covid deur die mat geval het."
"Die Midlands Meander is altyd 'n heerlike ontsnapping weg van die stad af: ons het al verskillende dele sedert 1997 gereeld besoek. Ek sou 'n kaart waardeer het, maar besef dis 'n probleem met Covid. Die meeste plekkies was ongelukkig toe oor die Kersnaweek."