Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 1579 reviews.
"Vreeslike verkeer in die CBD, maar winkels waar 'n mens alles kan kry wat jy soek. Die pad van Dullstroom se kant af is egter baie sleg en baie slaggate. Dis nie lekker nie, en onveilig."
"Dullstroom is better for weekend getaways. The majority of shops only open from midweek. Most restaurants we were interested in closed at 17:00. "
"Dis 'n fantastiese dorpie en ons het dit vreeslik geniet om daar rond te loop en orals te eet! So mooi en skoon!"
"Oulike dorp - mense baie vriendlik en verskeidenheid eetplekke en winkeltjies om mens besig te hou."
"I suggest a relaxed stroll along the main road to enjoy the atmosphere and shopping."
"Dullstroom is 'n interessante dorp om oor 'n paar dae te verken. Daar is lekker eetplekke. En heelwat in die omgewing om te doen."
"Oor algemeen 'n baie aangename toeristebestemming, daar moet miskien net gedink word om meer eetplekke na 17:00 oop te hou."
"Sal sê hulle moet meer toeriste-aantreklikhede daar aanbring, want op die staduim is dit net 'n dorpie en dit het nie veel aantrekkingskrag nie. Vind geen baat daar nie. "
"Dullstroom bly 'n gesogte bestemming vir landelike wegbreke. Baie om te doen in die omtrek en heerlike restaurante en winkeltjies in die dorp."
"Baie mooi omgewing, maar die R36 is uitmekaar gery deur swaar steenkoolvragmotors. Daar is meer slaggate as teerpad."
"Dullstroom as dorp het in die afgelope agt jaar baie agteruitgegaan, maar dit bly steeds 'n goeie bestemming vir 'n vinnige wegbreek."
"My man se skouersak en ons sak met die verkyker en voëlboeke is in Dullstroom uit ons voertuig gesteel. Het die naweek andersins baie geniet en sal dit regtig aanbeveel. "
"Oulike dorpie, baie skoon en wonderlike winkels en restaurante. Nie veel om te doen anders as om te ontspan, uit te eet en inkopies te doen nie. Ideal vir 1 of 2 aande."
"Lekker eetplekke en verblyf. Die pad vanaf Dullstroom na The Valley of the Rainbow is baie sleg. Gelukkig het ons 'n 4x4 gery."
"Ongelukkig maak baie koffiewinkels, eetplekke, ens. al 17:00 toe. Ons was ongelukkig net een dag daar."
"Baie gerieflike oornagplek op pad na die Krugerwildtuin, asook Mosambiek."
"Baie om te doen en te sien, maar as jy wil wegvlug van 'n gedrang van mense is dit egter nie die plek vir jou nie."
"Dis net jammer dat die dorpie se strate uitmekaar val. Sal beslis teruggaan om die klip sirkels te besoek. Dis 'n onbekende toeriste attraksie wat fasineer. Die tolhek by Machado is baie duur."