Verified Reviews
Ficksburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ficksburg
Rated 3.7 out of 5 based on 98 reviews.
"Dis een van daardie dorpies wat net 'n spesiale bekoring het. "
"Beautiful environment. We were there for the Cherry Festival but spent most time at Sandstone and a nearby Ionia cherry farm where a separate festival was run after the cherry harvest. "
"Die hele area, insluitende Clocolan is asemrowend en 'n besonderse ervaring."
"Baie vervalle geword en sommige strate is so vol potholes dat dit amper onrybaar is. "
"Gholfbaan en gastehuis was awesome! Regtig 'n baie mooi gholfbaan! Maar die paaie en res van ficksburg, eish."
"Die kontrei rondom Ficksburg is eenvoudig asemrowend mooi, skoon lug, aromaterapie natuurlike reuke en, en, en. Die kersie padstalletjie is 'n moet!"
"Kersiefees in November. Dis 'n netjiese dorpie met mooi berguitsigte na Lesotho toe. Goeie opsies vir dagtoere. Die Constantia padstal net buite Clocolan op die Ficksburg pad (R26) was baie verfrissend. Uitstekende eetplek. "
"Die omgewing se natuurskoon was baie besonders. Ek sal baie graag weer wil teruggaan Ficksburg toe vir kersiefeestyd, maar ook om net meer tyd in die omgewing te spandeer. Sandstone Estate is ook 'n besoek werd met die stoomtrein- en ossewa-ritte wat mens daar kan doen."
"'n Mens kan sien dat Ficksburg 'n pragtige dorpie was en dat daar baie mooi besienswaardighede kan wees, maar die dorp is uiters verwaarloos en plek- plek vuil. Die distrik is egter baie mooi en netjies met pragtige plase en die natuurskoon is besonder veral met die interessant berge in die omgewing. Ongelukkig is die pad in een van die mooiste roetes daarheen vanaf Rouxville oor Zastron en Wepener in so 'n swak toestand dat die onrybaar is. Die ander paaie is in 'n aanvaarbare toestand."
"Ficksburg itself is not great but surrounding is beautiful with nice farmstalls near Clocolan."
"Netjiese en rustige dorpie. Inwoners baie bewus van toerisme en die voordele daarvan en wil graag toeriste gelukkig hou. Teen die grens van Lesotho en dus 'n geskikte oornagdorp as jy die Maloti-roete na die Katsedam aanvat."
"Baie sentraal en gelig in 'n mooi deel van die Vrystaat. Clarens, Golden Gate, Moolmanshoek en dan natuurlik, Lesotho is alles binne ryafstand. "
"Daar is interessante, klein versteekte plekkies met mooi uitsigte van die berge,"