Geverifieerde Resensie
Fouriesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fouriesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 402 resensies.
"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "
"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."
"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"
"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
"Fouriesburg is geleë in die mooiste deel van die Vrystaat. Maak jou motor se petroltenk vol in Betlehem, nie altyd brandstof oor 'n naweek! Neem die nodigste kruideniersware ook saam, wel slaghuise en drankwinkels!"
"'n Opregte Vrystaatse dorpie, in 'n uitsonderlike omgewing."
"Fouriesburg area is baie mooi en ook 'n goeie oornagplek as u wil Katsedam besoek. Ek sal dit vir enige iemand aan beveel wat vir 'n naweek wil wegbreek uit die stad. "
"Lovely little town! We didn't feel there was much to do in town but if you intend to stay in and read then this is the perfect place. "
"Goed vir die wat van Anglo-Boereoorlog geskiedenis hou en naby Clarens en Golden Gate en Lesotho grens. "
"Ideale plek om as basis te gebruik vir dagtrips na Clarens en Afri-Ski (sowat 90 km) in Lesotho. Ou dorp sonder groot supermarkte, maar een of twee goeie restaurante. Die naaste punt aan Caledonspoort-grenspos na Lesotho."
"Fouriesburg was 'n aangename verrassing, 'n netjiese skoon dorpie met die mooiste huise."
"Die omgewing is ongelooflik mooi. Dit is 'n skoon wêreld en die mense is vriendelik. As jy van rustigheid en van mooi natuur hou, is dit die aangewese plek."
"Dis 'n oulike klein dorpie, met lekker kuierplekkies, naby aan al die mooi plekke en Clarens. Ons sal weer teruggaan. "
"Die dorpspaaie is tipies klein dorpie met 'n grondstraat hier en daar. Die mense is baie vriendelik."
"Bijzonder veel te zien vlakbij Lesotho en Drakensbergen."