Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Pragtige dorp, baie rustig met lekker eetplekke en baie dinge om te sien. Die omgewing is awemrowend om deur te ry. Ons sal beslis weeer en weer Clarens besoek."
"Clarens is net eenvoudig uniek met baie om te sien en te doen, dis lekker vir 'n langnaweek wegbreek en ontspan."
"As jy hou van antieke goedere en handgemaakte produkte en plaaservaringe is hierdie die plek vir jou."
"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."
"Ek hou so baie van die Vrystaat: moenie my vra nie. Veral die Oos-Vrystaat (Vrede-Harrismith) en Suid-Vrystaat (Philippolis en omstreke). Oos-Vrystaat is gewoonlik groen en die sterre is reg bokant jou kop in die Suid-Vrystaat. Bothaville en omstreke (Noordwes-Vrystaat) kan bietjie aan daardie deel se beeld werk. Ons het daardeur gery en die Vredefort-koepel area was swak aangedui en bemark."
"Baie mooi dorp en baie gasvrye mense. Sal enige tyd weer teruggaan vir shopping."
"Ongelukkig was die aankoms skemertyd en weer vroeg vertrek, maar dit wat ons gesien het die volgende oggend dit is skoon netjiese dorpie wat ek van baie ander plekke nie mee kan vergelyk nie."
"Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp."
"If the few people I have met in Philippolis are a reflection of all of the residents, then this is a very special town."
"Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik."
"Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!"