Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Was uiters verras met hierdie pragtige klein dorpie en al sy winkels en dinge om te doen."
"Daar is soveel om te doen en te besoek. Ons gaan definitief weer Parys besoek."
"Clarens is so rustig en daar is so baie om te sien. Ons was verlede jaar drie keer daar en beplan om weer te gaan."
"Baie goed. Meer aandag aan rolstoelvriendelike sypaadjies en ingange na winkels is beslis nodig."
"Dit is 'n wonderlike plek en die perfekte plek vir 'n familie of as jy net wil gaan rus. Daar is baie om te doen soos spa’s, "quadbiking", ens. Sal definitief elke jaar soontoe gaan."
"'n Besoek aan die Hennie Steyn-brug om die sonsondergang te beleef is 'n moet. 'n Besoek aan die konsentrasiekamp begraafplaas is baie hartseer. Die Ou Kar restaurant met sy smaaklike etes, billike pryse en lekker mense is 'n absolute positief."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie oulike en gesellige restaurante en koffiewinkels. "
"Pragtige natuurskoon omring die dorpie. Clarens se dorpsgebied was netjies en skoon. Munisipale instandhouding was sigbaar, dankie daarvoor. Interessante winkeltjies wat beslis nie die gewone tipe curios te koop aanbied nie."
"Die dorpie is die perfekte naweek bestemming. Net genoeg om in 'n naweek by alles uit te kom en te voel jy het alles gesien!"
"Stoepsit Restaurant is 'n moet as jy in Philippolis kuier. Heerlike kos, uitstekende en vriendelike diens en baie billike pryse."
"Clarens is besonders, natuurskoon ongelooflik mooi. Kort of lang besoeke is altyd iets om te onthou."
"Dit is die juweel van die Vrystaat. Dit is 'n baie mooi dorpie en daar is baie om te doen. Al wat net nie lekker was nie is die meeste van die restaurante bedien net kos tot 18:00. As jy nie dan al iets bestel het nie dan is dit nou maar so."