Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 1244 reviews.
"Ons tyd was te kort, maar ek het gewonder waar heen met kleinkinders sou mens hulle saam neem."
"Ek het 2 restaurante besoek wat goeie resensies gekry het maar was steeds nie beïndruk nie. Kos was gemiddeld maar diens was wel goed."
"Very friendly people who greet when passing on our walks through the town. Really loved the atmosphere and the beach and the whole setting. A suggestion - when a booking is made then the house should be opened up to air beforehand, and the fridge put on - when we arrived the house had a very strong musty smell, and the fridge took a while to cool. Everything in the house is what you need for a getaway. Please pass on a thank you to the owners for allowing us to invade their space and enjoy our weekend. Much appreciated."
"Dit is n heerlike Afrikaanse kuierdorp waar jy in elke restaurant smaaklik eet, lekker kuier en die tyd vlieg. Die dorp is skoon en netjies, die aanwysing is baie goed (gastehuise) maar miskien een swak punt is jy kry nie sommer 'n apteek nie, verder n pragtige dorp ... sal beslis teruggaan."
"The people of Gansbaai are very friendly. Loved every minute out there."
"Ek was aangenaam verras met hoe groot die plek geword het vergeleke met 20 jaar gelede. Verder was ek verstom oor die aantal operateurs wat mense uitneem om na die haaie te gaan kyk. Ek dink min mense weet hoe groot die bedryf is by Kleinbaai."
"Baie mooi omgewing. Heelwat om te doen. Ons het selfs een middag Kaap Agulhas toe gery. Gansbaai, Stanford en Hermanus is ook naby."
"Hul rol die strate op op 'n Sondagmiddag/aand...geen behoorlike eetplekke nie. Maar die see en omgewing is pragtig, en die dorpie prentjiemooi..."
"Lekker ontspanne dorp met baie vis, naby De Kelders, Kleinbaai ens. Gansbaai is 'n besoek werd."
"De Kelders is 'n ware juweel. Ons was stomgeslaan oor die duikers wat vir kilometers aaneen, skouspelagtig oor die see aangevlieg gekom het. 'n Wonderlike vakansiebestemming."
"Ons kon heerlik gaan stap het met die kinders en hulle kon lekker met hul fietsies deur die strate ry. Ons was in die wintertyd daar en ons kuiertjie was te kort om die gebied behoorlik te verken. Daar is ook baie nabye dorpies, so mens kan lekker gaan rondry en verken. Ons sal weer terugkom..."
"Nie eintlik 'n swemstrand nie, maar heerlik as jy visvang, op die rotse wil klouter of lang ente wil stap."
"De Kelders is 'n pragtige deel van die kuslyn en ons gaan graag weer en weer terug soontoe."
"Net die nodige en as jy iets meer soos winkels wil hê is dit net 30 km weg in Hermanus."
"Wou graag die haaihokduik doen, maar dit is seker maar vir toeriste, teen 'n styl deelname-fooi. Verder is Gansbaai 'n lekker plekkie!"