Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 10084 resensies.
"Pragtig verby. As jy naby die natuur wil wees, is dit beslis die plek waar jy behoort te wees."
"Die ideale omgewing met pragtige strande, baie toeriste-aantreklikhede en vriendelike mense."
"Dis lieflike, Afrikaanse mense. Die bote en vuilgoed in die see maak afbreek daaraan."
"Ons 4de besoek. Klein, min mense, veilig, met eetplekke en basiese kruidenierswinkels, en brandstof. Goeie groter dorp (Heidelberg) naby. Verskeie swemopsies; strandmeer, swemstrand, getypoele. Lieflike stapopsies en natuurskoon."
"Baie potensiaal, maar sommige toeriste-areas is swak versorg en selfs grillerig. Ander is wel aangenaam om te gebruik. Lekker naby ander stranddoorpe en winkelsenteums."
"Sedgefield is die perfekte plekkie vir 'n rustige wegbreek. Die rivier is vol vislewe en die see is nie te ver weg nie!"
"Beste weer, so baie om te doen. Dolfyne wat baljaar in die water. Cruise ship het ons verras. Mosselbaai is tops. Tyd is net te min om by alles te wees."