Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Die Natalse strande kan net nie vergelyk word met die skoon strande in Hartenbos nie. Ons is nou absoluut verlief op die Kaap !"
"Lekker dorp met baie om te doen. Vriendelike mense en pragtige natuurskoon. Uitstekende strande."
Great Brak River, Garden Route
Shalom"Die uitsig is fantasties, die mense is vriendelik. 'n Mens kan vinnig Mosselbaai, Knysna of Oudsthoorn toe ry."
"Kinders het die doolhof baie geniet. Die eiland bied lekker veilige omgewing vir kinders. Goeie geriewe - tennisbane, volleyball, squash-bane."
"Mooi dorpie met net 'n paar huise. Hier kan mens nog stilte en rustigheid beleef."
"Ligging is baie sentraal. Van Wilderniss af kan jy of oos of wes langs die kus af plekke besoek en nog steeds betyds terug wees vir 'high tea'. Fantastiese restaurante. En ek het veral gehou van die feit dat die bestemming 20 minute se ry van George Lughawe af is."
"At the garage as you enter Witsand, the petrol attendant was very friendly and helpful."
"Boggomsbaai is vir die persoon wat rustige wegbreke soek. Mens kan daar ontspan weg van die stadsgewoel. Die mense daar is rustig, vriendelik en gee om vir hul naaste. Die gebied word goed bewaar en die inwoners pas die strand op. Die strand is skoon en die walvisse was 'n bonus. Hul het heerlik "gerus" in die water en was iets om te aanskou."
"Ek geniet Heroldsbaai baie. Die natuurskoon is wonderlik, die staproetes is pragtig, die strand is pragtig. Al wat ek sou verander, is om al daardie reuse vakansiehuise terug te wil verander na die pragtige, eenvouding, nostalgiese huise van die vorige generasie. "
"Baie aangename vakansie atmosfeer. Volop verblyf en besighede voldoen aan vereistes."
"Mosselbaai is 'n baie mooi plek. Ek en my familie het 'n baie lekker tyd gehad. "
"Mosselbaai is 'n pragtige plek met baie vriendelike inwoners."
"Hartenbos is en bly die heerlikse vakansie vir ons. Sien uit na nuwe verwikkelinge in Hartenbos. "