Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Pragtige omgewing met lieflike natuur. Daar is baie om te sien en te doen en dis geriefik naby ander gewilde bestemmings soos Sedgefield, George en Knysna."
"Ons het Oudtshoorn as dorp geniet en veral die oulike eetplekke en winkels geniet."
"Heerlike vakansiebestemming! Wonderlike weer, gasvrye mense, fantastiese natuurskoon en baie dinge om te doen!"
"Mosselbaai is 'n heerlike plek om te besoek veral in die buiteseisoen waar jy die hele plek omtrent vir jouself het."
"Lekker vakansiebestemming - op die strand, maar ook lekker naby baie ander interessante doendinge. Winter miskien nie die beste tyd om dit te besoek nie."
"Dit hang af van jou behoeftes en waarvan jy hou. Baie netjiese dorpie, maar die winkels hou nie baie voorraad nie. Moet in ag neem dat dit nou winter is. Indien jy rustigheid en afsondering soek is dit die ideale bestemming. Toeriste verskil mos van mekaar, so baie moeilik om te oordeel."
"Knysna is 'n baie mooi dorp om te besoek en ons was daar vir die Oesterfees."
"Goeie restaurante en besighede. Vriendelike plattelandse dorpie met heelwat om te doen. Ons sal definitief dit aanbeveel!"
"Great weather. Beautiful scenery. Central to all the other tourist destinations in the area. Wonderful for relaxation. All necessities available at nearby stores. "
"Wildernis is sentraal geleë op die Tuinroete en al die omliggende dorpe is maklik bereikbaar."
"Plett was nog altyd een van my gunsteling vakansiebestemmings en geniet dit altyd daar."
"As jy wil shop is dit nie die plek vir jou nie. As jy natuurskoon en vrede soek het jy die plek gekry."
"Heroldsbaai is voorwaar die beste plek om te bly. Dit is naby aan George Lughawe, Mosselbaai, Hartenbos, George, Knysna, Oudtshoorn en etlike ander plekke wat mens moet besoek wanneer met verlof in die Suid-Kaap. Heroldsbaai se strand is pragtig en skoon. Mens kan lekker rondloop en voel te alle tye veilig."
"Knysna se toerisme is definitief in plek. Daarvan kan almal getuig wat die afgelope Oesterfees daar was. Alles werk net reg. Daar is duisende mense maar die verkeer en nooddienste werk net alles reg. En daar is regtig vermaak vir een en almal. En die mense is oor die algemeen baie goed tweetalig. Knysna is reg vir nasionaal en internasionale toeriste. Baie geluk!"