Verified Reviews
Gariep Dam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gariep Dam
Rated 4.3 out of 5 based on 1317 reviews.
"Dit was 'n ervaring om die dam te sien, maar die doel van ons besoek was net om te oornag."
"Die dam was 108% vol met 15 sluise oop. Wat 'n awsome gesig om te sien. Werklik 'n voorreg. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Vir groot waterskaarste in Wes-Kaap was dit pragtig om die water so te sien vloei. Net jammer kon nie van daardie water na Wes-Kaap herlei nie."
"Wonderlike bestemming en ligging. Natuur is pragtig en rustige omgewing."
"Om op 'n Sondagmiddag daar aan te kom, is moeilik as daar nie oop eetplekke is nie. Mens is nogals moeg na die lang reis en nie regtig lus om self kos te maak nie. 'n Wegneem-ete plek sal 'n groot aanwins wees."
"Het nog altyd net daar oornag, maar sal nog graag 'n paar dae in die omgewing wil deurbring. Het nou die dam vol gesien met water wat oor die wal stroom, wat 'n pragtige gesig! Advertensies van aktiwiteite in die omgewing lyk baie goed."
"Very interesting but activities are limited. Very nice for a few days but not enough to do for longer stays. We went for 3 days and enjoyed it very much. Gariep reserve is well run and we went on a very nice self drive game drive. We tried going to Oviston reserve but couldn't even get in. The Bistro at Forever Resorts is a very nice restaurant with a nice play area for kids. "
"Ons het net oorgeslaap, so kan nie regtig kommentaar lewer oor die fasiliteite by die oord nie. Het ook nie baie tyd daar spandeer om die omgewing te verken nie."
"Dit is 'n wonderlike gesig om te sien. 100% vol wat 'n groot dankbaarheid is in SA. Dam se omgewing is skoon en netjies."
"Mooi natuurfoto's kan daar geneem word in die oggend en aand met sononder. Regtig besondere kleure in die lug. Die dorp is stil en die lug is vars."