Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"I went to play in a golf tournament & would recommend the courses but as a tourist destination I would not recommend it."
"The area where the townhouses are situated is quite noisy and bright street lights are a bit of a discomfort when sleeping. Otherwise the location was very convenient for travelling to Birchwood conference centre and back."
"As 'n hotel voel ek dat hul restaurantgeriewe kan verbeter om middagetes en aandetes te gee en die kroeg oop te hou. Mense wil wegkom van die gejaag en kwaliteittyd spandeer en wil nie heeltyd op die pad wees om by ander plekke te gaan eet of iets drink nie. Die pryse is heeltemal te hoog vir wat jy kry. "
"Baie goed. Ek het drie maande gelede Brits toe verhuis en gaan gereeld nog my besigheid doen in daardie omgewing."
"Be sure to take a drive around Walkerville as there are some delightfully scenic views. It appears to be safe, especially in the boomed off suburbs. I noted the Pub there, called the Jonny Walker, although did not stop off on this occasion. I understand they have good pub grub there as well as live music on certain nights. I enjoyed the relaxed atmosphere at the Saturday Walkerville farmers market and indulged in the tasty craft beer available (from Swagga Brewery), particularly the English IPA. "
"Silver Lakes is baie veilig, rustig en skoon. Ek sal weer gaan kuier verseker!"
"Lieflike dorpie, reisigers moet besef die reëls en tye wat in die stad geld, geld nie hier nie. Gaan rus en geniet die dorp en omgewing. Pas aan by die korter winkelure en jy sal weer verkwik voel."
"Slegs indien daar events is sal dit goed geleë wees. Andersins is daar nie baie wat gebeur in die omgewing nie behalwe dat dit naby JHB is."
"Besoek gerus Blos Cafe vir 'n oornagopsie en heerlike kos en atmosfeer! 10 uit 10 vir hulle."
"Hierdie is darem nog in 'n redelike veilige gedeelte van Sunnyside. Ek sal nie dieper gaan oorslaap nie. "
"Die reservaat is nog jonk, baie ruig, maar tog mooi bosveld-natuurskoon. Ons het verkies om self deur die park te ry, instede van om op betaalde wildritte te gaan (wat nogal duur is...). Ongelukkig nie veel wild gesien nie, maar dit nogtans geniet. Pilanesberg het ook so begin, baie jare gelede, en ek glo met tyd sal Dinokeng ook ontwikkel, soos wild met tyd saamgroepeer om trekkende troppe te vorm. Sien uit daarna."
"Muldersdrift is baie goed geleë en maklik bereikbaar van die snelweg af. Dit is 'n idilliese omgewing vir troues."
"Ek hou van Ferndale. Soek ook nou huis in die omgewing. Dis lekker naby Sandton Fourways en HIghways, asook enige groot inkopiesentrums."
"Die area is onbekend aan ons, maar die dae wat ons daar was, was baie aangenaam. Ons het van die winkelsentrums gaan besoek, asook natuurlik die restaurante. Daar is geen klagtes nie. Dit was alles skoon en aangenaam. "